Die aanslag op ons monumente is ‘n aanslag op ons siel - Piet Rudoph PDF Afdruk E-pos
Sondag, 12 April 2015 12:00

 

OPSTAANTYD- TRANSVAAL!

Aanslag monumente, Suid-Afrika 2015

Soos in 1899 dryf die aanslag teen ons nou na ‘n punt. Die aanslag op ons erfenis en om ons te vernietig, het begin. Die aanslag op ons monumente is ‘n aanslag op ons siel. Soos wat die besettingsmag in daardie tyd, vrouens en kinders in konsentrasiekampe gegooi het en van honger en dors laat omkom het, so is die aanslag op ons monumente en beelde om daardeur, ons stuk-stuk dood te maak en ons uit te roei. Kruger se beeld moet verwyder word- Waarheen? M.W. Pretorius se beeld moet verwyder word- waarheen? Ons vyande wil nie die beelde verwyder nie. Hulle wil dit vernietig en ons daarmee saam!

Hierdie Boerevolk, solank verkneg, staan weer in die branding. Klein in getalle, arm en ongewapen, omtrent weerloos teen magtige vyande. Ons vyand maak staat op hulle grootgetalle. Maar hulle verstaan nie die psige van ‘n Boer nie. Ons het die magtige Britse Empire vir amper drie jaar besig gehou. Ons het by Bloedrivier uitwissing in die gesig gestaar maar ons oë was opgelaan na Bo waar ons geweet het ons hulp vandaan sal kom. Ons weet dit nou weer. En ons vyande moet kennis neem: u kan ons druk maar net tot op ‘n punt. Hiredie Boerevolk was bekend vir sy querilla-stryd. Ons kan dit weer doen soos in die verlede-man, vrou en kind. Ons gaan nie hier soos ‘n lam te slagting “gely” word nie.
Die wekroep kom na ons luid en duidelik! Maar eers moet die weekhartiges en die verskoningsoekers hulle weg vind. Hulle hoop dat die bitterbeker by hulle verby sal gaan. Dit sal nie gebeur nie. Soos fladderende stukkies papier sal hulle probeer om die brand vry te spring. Ongelukkig sal die rewolusie hulle ook inhaal en hulle sal makiker verteer word as diegene wat bereid is om terug te veg!
Lank gelede het Siener van Rensburg vir ons voorspel hoe donker dit gaan wees. Hy het ook gesê dat ons met ons rug teen die muur is en dat ons sal moet veg. Ons het nêrens om heen te gaan nie. Hier sal ons lewe of sterwe! Dié uur het gekom!

Dankbaar het ons egter die een troos dat ons niks meer kan verloor as die kettings van verslawing nie!
Ons het nog die ander troos en dit is dat Hy ons lot voor ons oë sal verander!
Boerevolk word wakker. Dit is opstaantyd!

Piet Rudolph : 'n Boere-Republikein.
072 419 3516.