31 Mei 1902 - Piet Rudolph (2015) PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 26 Mei 2015 12:00

 

DIE VERNEDERING VAN VEREENIGING- 31 MEI 1902

BoereVanaf 15 Mei 1902 het 60 afgevaardiges van die twee Boere-republieke van Transvaal en die Oranje Vrystaat by Vereeniging bymekaar gekom om te beraadslag oor die oorlogstoestand in die Engelse Oorlog, wat vanaf 10 Oktober 1899 in Suid-Afrika gewoed het. Die samesprekings sou voortduur tot 31 Mei 1902 toe die Vrede uiteindelik gesluit is met die verlies van die onafhanklikheid van die twee klein Boere-republiekies.
Tydens die samesprekings is woorde en gedagtes uitgespreek wat soos voorbodes kon klink. ‘n Afgevaardige van Heidelberg, P.R. Viljoen, het die voorstelle van die Britse Regering aangaande vrede, beskryf as dat die Boerevolk so vas sou bind dat hulle nooit weer vry sou wees nie. Inderdaad! ( C,R. de Wet-Three years war-bls 400.)

Wanneer ‘n mens die notules van die vegadering deurlees, spring die tagedie wat hom 113 jaar gelede afgespeel het, jou in die oog en word dit ‘n beklemming om die hart. Dat so ‘n klein dapper volkie so ‘n ontsettende prys vir sy vryheid betaal het; dit nogtans verloor het na twee weke se beraadslagings toe dit vir almal duidelik was dat die bittereinde aangebreek het.

Toe daardie uitwissingsoorlog verby was, was die helfte van die twee Boere-republieke se kinderbevolking reeds dood. Die sterftes sou uiteindelik styg tot 35 000 kinders en vrouens in Engelse konsentrasiekampe waar die vrouens en kinders van die bittereinders honger, dors en die dood vir twee lange jare in die gesig gestaar het.

By Balmoral-konsentrasiekamp was die sterftes so hewig dat dié kamp as een van koningin Victoria se helkampe beskou is. Kinders het so vinnig doodgegaan en is opmekaar begrawe omdat daar nie voorgebly kon word met die grafgrawery nie. Fetusse is vir ‘n Engelse varkboer in die omgewing, gegee om sy varke te voer.

Die verwagting by Boere-voormanne dat in die Kaap ‘n opstand sou kom en dat die buitewêreld sou ingryp, het niks van gekom nie. Hulle het ontsaglike probleme gehad met kos vir hulleself en voer vir hulle perde. Boonop was die Engelse Oppermag besig met ondraaglike korrupsie om hensoppers en joiners te betaal en met valse voorstelle van amnestie hulle oor te haal om nie verder te veg nie of om na die Engelse kant oor te loop.
Uit die Engelse vertaling van die notules in genl. De Wet se boek- Three years war- haal ek vir u ‘n verbatim aanhaling van wat genl. Louis Botha in sy voordrag sê:
“I firmly believe that, under like cicumstances, no other nation in the world would have fought as our nation has done. Shall such a nation perish? No! We must save it. If we delegates are convinced that we can no longer offer resistance to the enemy, it is out duty to tell the people so. We must not let them be exterminated for want of timely advice. More than twenty thousand women and children have died in the camps during this one year.” En dan hierdie skrikwekkende aanklag:

“THERE ARE MEN OF OUR OWN KITH AND KIN WHO ARE HELPING TO BRING US TO RUIN. IF WE CONTINUE THE WAR, IT MAY BE THAT THE AFRIKANDERS AGAINST US WILL OUTNUMBER OUR  OWN MEN.”


Nieteenstaande hardnekkige teenstand om die vryheid af te gee, het die bitter oomblikke aangebreek  van ‘n oorlog waarvan die Boerevolk nog nooit behoorlik herstel het nie!

Die winter van 1902 was die bitterste in die geskiedenis van ons volk toe verslae en verslane burgers moes terugkeer na hulle afgebrande plase as knegte van die Britse Empaaier; sonder dierbares wat aan die dood afgestaan is; veestapels vernietig; landerye vernietig, platsak en sonder enige ander heenkome. Dit in ‘n vaderland wat nou met wapengeweld eiendom geword het van vreemdelinge!

So het ‘n menigte van hulle die rug op hulle grond gedraai en ‘n armoedige heenkome van armlastige en bedelbestaan in die stede gaan voer. Die proses om die Boervolk te vernietig was in volle swang. ‘n Mens wonder hoeveel ander volkere ter wêreld sou hierdie aanslag kon oorleef het? En tog, na 113 jaar van onderdrukking en verdrukking is die Boerevolk weer besig om kop op te tel!

Nuwe en erger verraad het sy tol geëis en het ons aangekom by ‘n  nog donkerder tydstip in ons geskiedenis. ‘n Nuwe, hewiger aanslag teen ons volk sal nie uitbly nie. Vir ons het dit ‘n pikdonkernag geword soos Siener van Resburg dit voorspel het.

Dit is ‘n paar dae voor die 31 ste Mei. ‘n Paar dae voordat 60 burgers, 113 jaar gelede met 54 stemme teen 6,  die oorlog beëindig het en die wapens neergelê het. Nie almal nie. ‘n Groot klomp het hulle wapens teen die klippe stukkend geslaan eerder as om dit aan die vyand te oorhandig. Die verbittering sou groei, ook teen sommige van hulle eie voormanne. Soveel so dat ‘n skamele 12 jaar later, het Boer en Afrikaner op mekaar geskiet het terwyl die Engelse toekyk!

Baie dankie aan Ben Strijdom en Volkskansel vir die inisiatief geneem om op Sondag 31 Mei 2015, ‘n verootmoedingsaamtrek by Verreniging te hou en om die bitter gebeure weer in herinnering te roep.

Ons sal onthou!

Piet Rudolph : 'n Boere-Republikein.
072 419 3516.