Armoede, verval en wanvoeding - 'n noodkreet! - Kinders in Nood - Nov 2016 PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 17 November 2016 22:00

 

ARMOEDE, VERVAL EN WANVOEDING - 'N NOODKREET!

1. Het hierdie week op die ergste geval van ondervoeding afgekom wat ek in my lewe gesien het - 'n jong seun van 17 jaar wat rondloop in die liggaam van 'n twaalfjarige kind. na bewering is hy as baba mishandel en is sy borsbeen gebreek. Sy bene is oortrek met vratagtige vergroeisels. hy woon nou by sy pa wat werkloos is en 'n armoedige bestaan voer in die eertydse Melaatse Inrigting Wesfort. . Die plek staan gesloop te word en die stadsraad het reeds die water en krag afgesit! Kos word op ‘n vuurkonka gemaak met hout wat uit die veld aangedra word. Water word op ‘n kruiwa aangestoot!

2. Vir my is dit duidelik dat hulle dae laas behoorlik geëet het!

3. Kinders in Nood se beskermvrou en -heer in Elandspoort, Ellen en Piet, het die geval onder my aandag gebring. Ons het die kind na dr De Jong geneem wat hom gratis ondersoek het. Volgens die dokter is die kind geweldig ondervoed en ongeveer die helfte van sy normale liggaamsgewig. Hy het die kind na die hospitaal verwys en ‘n sterk tonikum voorgekryf wat deur ‘n apteker gratis verskaf is.

4. Ons het gereël vir melk en brood vir een maand. Dave Christie het ‘n bydrae gemaak vir vleis vir ‘n maand. Ons is daarvoor baie dankbaar. Wat nog nodig is dat ons eiers, groente, meel en kruideniersware nodig het om die haglike omstandighede te verlig. Daarvoor het ons bydraes nodig en daarom kom pleit ek by u vir hulp!

5. H ierdie ellendig, behoeftige gesin kan uit dié vervalspiraal alleen nie uitkom nie! Hulle móét te hulp gesnel word. Laat ons dan dit doen.

6. D IE TOTALE TOESTAND IS TEWYTE AAN DIE REGERINGSBELEID WAT WITMENSE VERHOED OM WERK TE KRY. Ons volk word verdoem om aan die lewe te bly met blikkiesoptel en rommelversameling.Selfs die krap in afvalbakke vir kos! Die arme kind is die produk van die Nuwe S.A. en die sogenaand demokrasie- VRYHEID, GELYKHEID en BROEDERSKAP!

7. Help ons met u bydrae en verskaf ons u e/posadres vir maandelikse verslagdoening. Die bankbesonderhede is Capitec per Annelie Koekemoer- KINDERS IN NOOD, rekening nr. 147 892 0961 takkode 470010 Swiftkode NEDSZAJJ.

8. DANKIE VIR U BYDRAE. Laat ons nageslag van u sêdat As jou vryheidsdag een oor jou velde lag, weet wie te danke is. Eer hulle nagedagtenis!

Piet Rudolph; ORGANISEERDER EN KO-ORDINEERDER; DRUKGROEP, KINDERS IN NOOD, 072 419 3516/ WAT’S OP 063 830 5959 e/pos piet.rudolph@gmail.com