Aan Pieter Mulder van die VF+ - David Marteens, Nov 2016 PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 22 November 2016 16:11

 

My skrywe vanoggend aan Pieter Mulder van die VF+

Pieter, ek stuur hierdie ook direk aan jou as boodskap.

Op verskeie geleenthede het ek jou aangevat oor die leuens en bedrog wat jy op die UNPO werf se Afrikaner registrasie van "onverteenwoordigde nasies of volkere gepubliseer het, en waardeur jy jouself skuldig maak aan oortreding van verskeie van die Verenigde Nasies se manifes oor "genocide". Jy ignoreer of verwyder my plasings wat ek so in dié verband selfs as kommentaar op jou plasings laat.

Hierdie bedrog en leuens gaan nie langer geduld word nie.

Neem kennis dat daar reeds aksies geneem is om jou bedrog en leuens te ontbloot en ook by die Verenigde Nasies 'n saak aanhangig te maak teen jou in persoon, en ook teen jou VF+ waaragter jy reeds so lank skuil, vir jou volgehoue "genocide" op die Boervolk!

Gesprek in hierdie verband is reeds begin met UNPO.

Groete.

Hier sien ons duidelik die hand van die Cape Dutch Afrikaners in die skep van leuens om hul agenda te dien!

Gaan kyk na die leuens en bedrog wat die Afrikaner Pieter Mulder gaan kwytraak het met hul registrasie van Afrikaners op UNPO se webwerf!!!

Daar is soveel blatante bedrog wat deur hierdie Afrikaner gepleeg word dat daar te veel is om hier op te noem!

Juis van die dinge wat daar aangebied word is die verkragte Boervolk-Vierkleur waar die rooi band vervang is met 'n oranje band - wat wys op hul verbintenis met die "Huis van Oranje" vrymesselaarsorde van Nederland.

Merk ook op hoe hierdie man wat self reeds die ANC se soustrein ry as adjunk-minister, wil voorhou dat die Afrikaners geen verteenwoordiging op internasionale vlak het nie - dit terwyl hy reeds die Afrikaners in die ANC regering verteenwoordig!!!

MAAR terselfdertyd misken hy die reg van die Boervolk om die Boervolk se sake te mag hanteer, Hy is seker een van die grootste Boervolk vyande van die dag!

Kyk ook hoe dié bedrieër voorgee dat die Afrikaners die Groot Trek aangepak het, en die Afrikaners die Boere-Republieke gestig het!!!

Hierdie einste Pieter Mulder is besig om die Boervolk se geskiedenis vir die Afrikaners te steel - en die Boervolk kom dit nie agter nie!!! Hulle besef nie hulle word bedrieg nie!

Skrik wakker Boervolk! Die Edomietiese vyand is op jou!!!