Die Boom van Sameswering - Piet Rudolph (2017) PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 18 Maart 2017 07:07

 

MY LOSLATING VANDAG…..26 JAAR GELEDE…. Ons roep in herinnering!


1. In 1989 het dit vir die AWB se Generale Staf duidelik geword dat FW de Klerk gaan abdikeer en oorgee. Iets moes hieraan gedoen word en dit moes dringend gedoen word! Omdat die staatsapparaat duidelik bewus was dat dat sterk teenstand teen die gang van sake reeds bestaan het en dat die AWB buite-parlementêr op die voorpunt van dit was, was die AWB geteiken vir geweldige infiltrasie,disinformasie en obstruksie! Regeringsagente het gewemel binne die AWB! Dit is bekend dat op `n vergadering van twintig mense, 18 agente teenwoordig was!
2. Ek was nou verbonde en na samesprekings met Die leier is besluit om De Klerk se planne in die war te stuur al sou dit met wapengeweld wees. As gevolg van die noodsaaklikheid van geheimhouding is besluit om die toekomstige aksies in die geheim te doen om lekkasie en teenaksies uit te skakel. Dit kon nie in die naam van die AWB gedoen word nie,want dit sou dalk kon lei tot inperking en verbanning. Daarom moes daar onder `n ander naam opgetree word om enige blaam op die AWB te verhoed. Daar is besluit om die Orde Boerevolk in die lewe te roep met my aan die hoof en `n klein klompie manne wat in die planne betrek kon word. Die Orde Boerevolk het amptelik sy beslag gekry en sou Bogronds hom beywer vir die Vryheid van die Boerevolk en herstel van die voormalige twee Boere-Republieke wat deur Engeland verower is, terwyl ondergronds gereed gemaak sou word vir guerilla-oorlog. Die OB het sy beslag gekry op 10 Oktober 1989- dié dag waarop ons Vryheidstryd teen Engeland in 1902 begin is!
3. De Klerk se abdikasie het amptelik begin met sy toespraak in Februarie 1990 met die parlementsopening. Nog in daardie maand het 8 manne waaronder ek, die AWB-leier, wyle Alec Cruywagen, Dirk Ackermann en JP Meyer in die park by Ventersdorp bymekaar gekom het om `n aksiekomitee vir toekomstige beplanning en optrede saam te stel.
4. Ook daar is vermoed dat agente- maar ook amptenare van die AWB- teenwoordig kon wees. Derhalwe kon net die nodigste besluit word! Ek is as ko-ordineerder aangewys tesame met wyle Dirk Ackermann en een wat nog lewe en wie se naam ek nie gaan noem nie!
5. Daar is egter ook besluit om De Klerk te gaan sien en ons grond op te eis wat nog daardie jaar gebeur het. Met daardie gesprek was dit duidelik dat De Klerk sy rug op ons gaan draai, Die basis vir toekomstige optrede moes egter gelê word!
6. Dit was egter reeds duidelik dat ons mense ongewapen was en duidelik ook nie in staat om die politiek te lees nie. Die wat bereid sou wees om te veg moes bewapen word! Die geleentheid het gou gekom!
7. Deur goeie betroubare inligting en binne bystand kon ek en `n paar ander oor die pasnaweek in April 1990 die wapenaarsenaal van die lugmag in Pretoria amper gaan leeg dra en die wapens uit die gebou ry met lugmagvoertuie wat dieselfde nag nog geberg moes word. Die sleutel om die kluis oop te sluit, is op Krugersdorp gemaak en het ons destyds R 1000 gekos. Dit lé miskien vandag nog naby die Fonteinedal!
8. Ek is verseker dat dit ongeveer 2 weke sou vat voor die diefstal ontdek sou word. Dit sou my kans gee om te organiseer en `n aksie aan die gang te kry. Ongelukkig het die jag op my reeds die Maandag begin en het die V/pol my alreeds die Dinsdagannd by `n vergadering voorgelê. Ek kon nie die verspreiding van die wapens self beheer nie en moes tevrede wees met hoe dit gedoen is. Uiteindelik het die staat R50 000 op my kop geplaas. Tydens my ekskursie ondergronds het ons verskeie dade van sabotasie gepleeg, die steel van nog wapens, die opblaas van NP-kantore en Melrose-huis waar die Vrede van Vereeniging gesluit is. Ek is op 17 September 1990 deur verraad gearresteer en aangehou vir ses maande. Na `n eetstaking van 30 dae is eken 45 ANC-kaders losgelaat sonder dat ek aangekla is.
9. Ek word hierdie jaar tagtig. Soveel van my dierbare kamerade is my reeds vooruit. Manne soos Alec Cruywagen, Dries Kriel en JP Meyer het ek self gaan begrawe. Die Almagtige het my tot hier bewaar sodat ek `n “getuie van groot tye kon wees.” Wat ons gesê het gaan gebeur, is besig om te gebeur!
10. Maar ons Boerevolk wil Vry word en ons gáán Vry word. Kap dit in klip!
Piet Rudolph: `n Vrye Boere-Republikein: 0724193516 : watisop 063 830 5959

18 Maart 2017 Foto onderaan:Die boom van sameswering iin die park in Ventersdorp. Dit was een boom maar is in1991 deur die weerlig getref en het weer gegroei tot driebome! Piet Rudolph.

Die Boom van Sameswering - Ventersdorp