Antwoord op n stelling oor Afrikaners - David Christie PDF Afdruk E-pos
Maandag, 23 April 2018 07:07

 

Antwoord op n stelling oor Afrikaners

In n mate is die Afrikaner reg dat die Afrikaners die oorlog teen Britanje verloor het maar dit het voor die ABO gebeur sonder om n skoot te skiet.Smuts het daarvoor gesorg. daarom het die Afrikaners Britanje gehelp teen die Boere. Onthou die Afrikaner het maar eers sy eie identiteit begin kry in 1872 met die begin van hul eie taal wat eers in 1926 erken is as taal. Dus moes hul helde skep om nasionalisme te bevorder. Soo is die stories van Dirkie Uys en Rachel de Beer versin om hulle te pas. Later jare na die Rebellie het hulle begin om die ABO te skaak om dit hulle eie te maak deels omdat Smuts en Botha hul aandeel aan die verraad van Vereeniging wou verdoesel en omdat die Afrikaner nie helde gehad het nie. Onthou ons het nie die ABO verloor nie maar het ingestem tot n vredes verdrag waaroor daar ook deur Botha en Smuts oor gelieg was. Vandaar die Rebellie in 1914 en die stakings van 1922. Onthou ook dat daar een helse gaping tussen Afrikaners en Boere was soveel do dat Ons as Boere laer geklas was as swartes en kleurlinge, in daardie tyd. Gaan kyk in die geskiedenis na Die Fordburg en fietas plakkerskampe vir Boere na die ABO. Ons moet ook NOU daarteen waak om nie te veel ag te slaan op die Afrikaner ens nie want dit haal ons oĕ af van ons merk om te bereik nl Vryheid en dus maak dit ons minder produktief om dit te bereik. Hou oë gerig op ons eie doelwit kom ons bereik dit dan sorteer ons die Afrikaner daarna uit.

Jurgens David Christie