Pik Botha is in die hel PDF Afdruk E-pos

 

PIK BOTHA………..’N EINDE VAN ‘N ERA - Piet Rudolph

Pik Botha

Mandela met Pik Botha

Pik Botha en ek het nie dieselfde politieke sentiment gedeel nie. Hy was ‘n uiters verligte, wat die eerste Nat was wat gesê het dat hy onder ‘n swart president sou dien. En hy het, deur ‘n onbednullige minister in Mandela se kabinet te word.

Ek onthou nog soos gister toe hy hom verkiesbaar gestel het in Westdene.
Die HNP het vir Jackie Nel teen hom genomineer. Ek was betrokke by Jackie se Komitee en het voorgestel dat ons ‘n pikswart plakkaat met wit letters maak met die woorde: Met Pik Botha is jou toekoms pikswart! Dit het die media en nattes so frustreer dat hulle opgehou het om van Pik te praat maar na hom verwys het as “Meneer R.F. Botha”
Jare daarna toe ek en E.T. hom in sy kantoor gaan besoek het oor ons eis vir Vryheid vir die Boere, het Pik dit onthou. Wat ek van hom onthou was die joviale manier wat hy vir my en die leier van die AWB genooi het vir ‘n dop “omdat die Boeing al oor is”. Ek drink nie en Terre-Blanche het nooit saam met “vyande” gedrink nie.
Pik, soos ander NP-uitverkopers, was lank in die visier van die regses. Ek het ontelbare manne weggehou van enigiets onverantwoordliks. Was dit miskien nie daarvoor nie, het Pik nie so oud geword nie.

AWB - Pietersburg 1986

Vir Pik Botha