Pikswart Botha PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 13 Oktober 2018 07:28

 

DIE VERRADELIKE PIK-FAKTOR

R.F. (PIK) Botha (sedert 1969 lid van die Afrikaner Broederbond - hy was reeds toe 'n vrymesselaar ) maak hy sy politieke debuut in die algemene verkiesing van April 1970 as 'n NP-kandidaat vir Wonderboom. Hy word verkies tot sy kiesafdeling se lid van die Volksraad. As tema vir sy nooienstoespraak in die Volksraad het Botha oorlede Eleanor Roosevelt se Deklarasie van Menseregte uitgekies en gepleit dat die regering van Vorster hom in grote mate daarmee moet vereenselwig. Hilgard Muller, die Minister van Buitelandse Sake en Rhodes-Beurshouer, het hom met die toespraak gelukgewens. Daarvandaan het mnr. Botha in 1971 na die Wêreldhof in Den Haag gegaan en in 'n onderhoud met die Nederlandse beeldradio verklaar dat Suid-Afrika gevorder het van 'n tydperk van oorheersing tot 'n tyd van ontwikkeling in sy binnelandse rasseverhoudings en in sy beleid teenoor sy buurstate. "My regering," het hy gesê, "glo dat sy beleid gelykheid sal meebring, want my regering glo in gelykheid en menslikheid." Pik Botha was toe in Febuarie 1972 in die VSA deur die CIA as agent gewerf. Pik Botha se plasing as Ambassedeur van Suid-Afrika in die Verenigde Nasies het daartoe bygedra dat hy en Samual Huntington, 'n professor in die politieke wetenskap aan die Harvard Universiteit in die VSA en wat ook werksaam was vir die Rockefeller Foundation en Council on Foreign Relations, lang ure saam deurgebring het. Pik Botha het toe vir die VSA as die Rupubliek se Ambassedeur herhaaldelik beloftes gemaak dat die RSA alle apartheid sou afskaf en dat hy persoonlik sou toesien dat Suidwes-Afrika onafhanklikheid verkry. Dr. Hilgard Muller het in 1977 bedank as Minister van Buitelandse Sake. Vorster word deur Harry Opperheimer aan gesê om Pik Botha as sy Minister van Buitelandse Sake aan te stel.Tyd sou leer watter belangrike rol Pik Botha en professor Huntington vanaf 1979 sou speel in die politieke veranderinge in die land.

Bron:
Volksverraad, die geskiedenis agter die geskiedenis bl. 187