Kommentaar: Hier kom ‘n Staatsgreep! - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 21 Augustus 2010 16:48

Die ontwikkeling en verwikkelinge rondom stakings en die gepaardgaande wan­orde is besig om ‘n patroon aan te neem wat al hoe duideliker word.

Die huidige stakings gaan glo oor hoër lone in die staatsdiens en veral die gesond­heids- en onderwyssektore. Dit word sterk betwyfel of dit die enigste dryfveer is. Dit is die sfeer waar die staat baie kwesbaar is en as die polisie en weermag vorentoe betrek kan word is die tafel gedek vir ‘n staatsgreep binne die Afrika-patroon van dinge doen. Stakings en ontwrigting is reeds sigbaar by die howe met verhore wat nie kan aangaan en regspraak nie kan geskied nie. Agter alles sit die Kommunistiese Party en al hoekom daar nie vreeslik stemme uit die regeringsgeledere teen die huidige toe­drag van sake opgaan nie, is omdat die kommuniste ‘n kamtige alliansie vennoot is.

Die kommuniste is besig met hulle  infiltrasie en rysmiering van die regering met kommunistiese ministers reeds in plek binne die kabinet. Die regering sal in toenemende mate gekonfronteer word met geweldadige stakings. Soos wat Winnie Mandela die land wou help bevry met die intimidasie met buitebande, petrol en vuurhoutjies, kan ‘n mens reeds onder die swart stemveë, die intimidasie sien van die rooi terreur. Oral sien jy reeds die skarlakenaanslag van rooihemde, rooipette en bloedrooi wind­jakkers wat uit vrees gedra word.

Alles dui daarop dat die voorste koordansers (toi-toiers) by optogte die rooihemde van die hamer- en- sekelbrigade is en dit kan verwag word dat hulle ook die grootste aanstigters van misdadigheid en geweld sal wees.

Aangeheg ‘n verontrustende voorbladkoerantberig, in Beeld 20 Augustus 2010, wat sy eie verhaal vertel hoe die plan begin ontvou.

 

Wanneer weet ons nie, maar wees gewaarsku hier kom ‘n staasgreep!


Kom, sluit aan by Boerevolk en help die Boerevolk bymekaar maak om onsself te beskerm. Veg vir Vryheid, die herstel van die Boererepublieke en die eer van 27 000 vrouens en kinders. Saamstaan. Navrae: Aksiekomitee, Orde Boere­volk.

 


Opgestel deur Piet Rudolph vir die Aksiekomitee Orde Boerevolk
E-pos: piet.rudolph@gmail.com
20 Augustus 2010

==========================================

This article is available also in English.
Questo articolo è disponibile anche in italiano.