Toks van der Linde en sy Volk se lied - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 31 Augustus 2010 11:48

Toks van der Linde

Baie van ons mense is gebelgd en ontstoke oor die Springbok, Toks van der Linde, Nkosi Sikilele gaan ‘sing’ wanneer die Suid-Afrikaanse rugbyspan, Saterdag op Loftus teen Australië speel.

Dit is verkeerd van ons Vrymense om die vent te blameer. Dit is sy volkslied. Hy sing dit uit vollebors om sy goeie knegskap te wys en hy sing dit by die spel van knegte.

Weë die land wat ‘n rugbybal vir ‘n koning het!

Dit dien weer net as bewys dat hier mense onder ons is wat soos ons lyk. Soos ons ruik en ‘n taal praat soos ons s’n. Hulle harte en koppe werk egter anders as ons s’n. Om diegene te beskou asof hulle deel van ons is, is fataal.

Dit is die indra van die hara-kiri in ons neste om ons te vernietig. Ons sal nie lewe nie, maar met hulle sal ons sterwe!

Ons moet ons mense bymekaar maak. Maar ons moet ook afskeid neem van hulle wat nie by ons hoort nie.

Vaarwel Toks. Vaarwel rugby. Vaarwel knegskap. Ons is Vrymense!!!!!!!

 

Opgestel deur Piet Rudolph vir die Aksiekomitee Orde Boerevolk
E-pos: piet.rudolph@gmail.com
27 Augustus 2010