Dr Hendrik Frensch Verwoerd, ons bring hulde - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Maandag, 06 September 2010 10:00

Dr Hendrik Frensch Verwoerd

Vandag, 6 September 1966, sal dit presies 44 jaar gelede wees dat hierdie Edelman wreed in die Volksraad vermoor is.

Sy moordenaar was ‘n kommunis van Portugese afkoms wat kort tevore onwettig na  Suid-Afrika teruggekeer het en as bode in die parlement aangestel is. Dit is beweer dat hy geestesversteurd was en inderdaad nooit verhoor is vir die moord nie. Na die moord is hy geestelik versteurd verklaar en vir die res van sy lewe in aanhouding deurgebring.

Vir ‘n geestelik versteurde was die moord egter net te fyn beplan. Sy terugkeer na Suid-Afrika en die daaropvolgende afdanking van ‘n immigrasie-beampte na die ondersoek rondom die sluipmoord, sy aankoop van ‘n dolk, eerder as ‘n vuurwapen, sy teenwoordigheid as juniorbode binne die raadsaal terwyl die klokkies vir die begin van die dag se verrigtinge gelui het, die gemak waarmee hy die Eerste Minister bereik het en die professionele toediening van die doodsteke, laat vandag nog vrae onstaan wat nie antwoorde het nie. Voeg daarby die ontkenning van die land se Veiligheidshoof, generaal lang Hendrik van den Bergh dat hy nie verwag het dat die vyande in die parlement sou toeslaan nie ─ dit nadat dr Verwoerd reeds ‘n aanslag op sy lewe oorleef het ─ en die daaropvolgende eenman-regterlike kommissie van mnr John Vorster wat beheer oor die polisie gehad het en dr Verwoerd as eerste minister opgevolg het.

Aanhitsings teen Dr Verwoerd het van buite en van binne Suid-Afrika gekom onder krete van ‘Verwoerd must go,’ terwyl hy onverstoord met die uitvoering van sy beleid van skeiding en afsonderlikheid, voortgegaan het.

Dr Verwoerd se moord, herinner sterk aan dié van Julius Caeser wat in 44 (vC) ook in die die Romeinse Senaat doodgesteek is. Beide lande se verval het daarna begin. In ons geval word gesê dat ons geboortedatum 6 April 1652 was en ons sterfdatum 6 September 1966.

Dr Verwoerd was ‘n sterkman en besliste leier. Sy opvolgers was swakkelinge wat regeer het deur lieg en bedrieg, misleiding en verraad. Die beplanning en uitvoering van die witman se ondergang was nie op die slagveld nie maar op die groenkussings van die parlement deur diegene wat voorgegee het om in sy voetstappe te volg.

Die finale hoofstuk van daardie verraad word nou geskryf en dit sal in bloed wees. Maar ons wat die prentjie om ons sien  ontvou het, kom lê ‘n kransie op die graf van ‘n groot gees en patriot.

 

Rus in vrede, doktor Verwoerd.

 

Opgestel deur Piet Rudolph vir die Aksiekomitee Orde Boerevolk
E-pos: piet.rudolph@gmail.com
06 September 2010

==========================================

This article must be translate and publish also in English. Who wants to translate it in English please contact the editor: volkstaat@volkstaat.it