Wil jy dalk deel wees? AWB - Brandwag PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 11 September 2010 13:50

Paardekraal, 17 Julie 2010

Geagte Volksgenoot

Waar is die dae toe ons kinders kon buite speel en skool toe stap sonder vrese?

Dit is nie per toeval dat daar ‘n bekommernis in u hart is oor die toestand in ons land en die vooruitsigte van ons blanke boere volk nie. Hierdie skrywe is ook nie per toeval nie. Weet dat u nie die enigste volksgenoot is met hierdie bekommernis nie.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om u in kennis te stel dat hierdie organisasie die hedendaagse bekommernisse van ons mense ter harte neem en oor ‘n aksie plan beskik om ons volksgenote te kan beskerm en op te lei om sodoende onsself en ons familie te kan beskerm in ‘n nood situasie.

Ongelukkig gebeur dit ook soms dat ons volkseie organisasies verkeerd gepropageer word. Nie alleen berokken dit skade aan ons openbare beeld nie, ons mense word ook uitmekaar gedryf. Die hoofdoel hiervoor is om die volk te mislei en om onmin tussen die mense te saai om die groot einddoel, naamlik magteloosheid, te bevorder.

Ons hoor ongelukkig ook nie meer al die werklike nuus aangaande ons land nie omdat daar sensors bestaan oor wat ons mag hoor en nie mag hoor nie. Dis heel moontlik ook die rede vir die onverwagse berig op ‘n laat stadium van die Leier van ons beweging, die Afrikaner Weerstands Beweging (AWB), Mnr Eugene Terre’Blanche, se moord. Dit was vir ons ‘n groot skok, maar ons het ook ‘n ander doel rondom die spesifieke gebeure geidentifiseer, naamlik, dat God ons volk probeer waarsku om terug te keer na Sy waarhede, weë en Sy wil. Die drie 7’s in ons simboliek verwys dus na die bybelse volmaakte getal en definitief nie na die neo-nazi simboliek sooswat die samelewing u graag wil wysmaak nie.

Die AWB beskik oor vele moontlikhede oplossings wat die gevaarlike daaglikse lewe meer leefbaar kan maak. Dit is u keuse wat u moet neem of u en u gesin wil oorleef en ‘n pad saam met God en u eie volk wil stap om sodoende ‘n beter toekoms te skep vir ons nageslagte.

Daar is geen organisasie wat u kan help om te belê in u lewe nie. Al wat deesdae beskikbaar is, is lewens versekering (wat u nalaat indien u nie sou oorleef nie). Die eienaardigste van alles is dat dit lewensversekering genoem word waar dit eintlik ‘n doodsversekering moes gewees het, want die polis kan tog nie verseker dat u gaan lewe nie. ‘n Ongelukspolis (as u dalk ‘n ongeluk het en dalk sou sterf), weereens is dit nie iets wat verseker dat u gaan lewe nie en dit is juis waaroor die skrywe gaan. Ons spandeer duisende rande per jaar aan hierdie polisse en versekering wat ons nie voordeel gee terwyl ons lewe nie. Onthou as u die paniek knoppie van u bestaande reaksie groep druk, daag hul eers na die misdaad gepleeg is op, en staan u nog steeds n kans om deur hul ook geroof of dalk onskuldig gearresteer te word.

Die AWB streef om hande te vat met ons volksgenote om ons lewenstandaarde op te hef en weerstand te bied met die hulp van ons Hemelse Vader teen die aanslae wat daagliks teen ons mense se lewens gemaak word.

Die AWB beskik oor ‘n sekuriteit sisteem wat geskep is om ons mense te beveilig en by te staan in tye van nood. Dit bestaan uit ‘n SMS sisteem, wat as dit geaktiveer word, al die mede volksgenote in u area omtrent die krisis by die spesifieke adres verwittig. Die Volksgenote binne jou area sal reageer sodra die booskap ontvang is, deur so vinnig moontlik by jou adres te kom en bystand te verleen soos benodig. Hierdie sisteem het homself al by meer as een geleentheid suksesvol bewys en reaksietyd van ons mense is baie vinniger as enige van die land se nood- of sekuriteits dienste.

Die AWB beskik verder ook oor ‘n nie-winsgewende, (Artikel 21) sekuriteits maatskappy, waar lede opgelei kan word om ‘n buurtwag in te stel en verdere moontlike aanvalle op ons Volksgenote te kan afweer. Dit moet nooit uit die oog verloor word dat die AWB bestaan uit lede wat uit eie vrye wil kies om saam met die groep te werk om hul volksgenote te beskerm nie.

Maak vandag ‘n keuse om u lewe, die van u geliefdes en u woonbuurt te beveilig. Daar is geen onwetlike aspekte aangaande die AWB nie, inteendeel als word uitgevoer binne die raamwerk van die wet.

Indien u:
• Belang stel om ‘n lid van die AWB te wees
• Dalk verdere vrae het
• Lidmaatskap vorms benodig
• Inligting of hulp met registrasie benodig
• Inligting omtrent inligtingsessies benodig

Moenie uitstel nie. Raak betrokke.

 

Namens Die AWB en die Brandwag van die Christen Boer volk