Vegkop 2010 Kultuur-Herdingkings Kamp PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 17 September 2010 15:19

Vegkop

Geagte Volksgenoot

Ons wil u graag nooi om D.V. oor die naweek van 15 Oktober (Vrydag) tot 17 Oktober (Sondag) 2010 op die historiese Vegkop-terrein, 20 km buite Heilbron, saam met ons te kom kamp opslaan.
Breek bietjie oor hierdie naweek weg uit die gejaagdheid en kom herdenk in die rustigheid van die Vrystaat die datum waarop God ons mense ter wille van Sy Woord beskerm het. Ons gaan die museum op die kampgronde besoek, die k...oppie verken en die monument besigtig. Spesiale sprekers gaan vir ons die verlede in perspektief bring en ons gaan saam oor die toekoms besin. Enkele vermaaklikheidsitems gaan ook nog tussen die braaivleisvure ingepas word. Bring die kinders en kom (be)lééf u dinamiese, lewende kultuur saam met die jonges en die oues van dae.

Dit is een van min geleenthede waarby die samehorigheidsgevoel onder ons mense wat ons van ouds af ken, in stand gehou kan word. Só word ons kultuur telkens nuwe lewe ingeblaas, ondanks teenkanting of pogings tot onderdrukking. Om ons volkserfenis te verseker, moet ons onophoudelik aan dit wat eie aan ons is, deelneem. Ons weet nie wat more mag wees nie, maar laat ons doen wat ons hand vind om te doen en, as die Here ons spaar, saamkom om mekaar te bemoedig en geniet.

PRYSE (per persoon)
Staanplek: Met krag - R 100.00
Sonder krag - R 50.00
Dagbesoeker (Saterdag) - R 20.00

DATUM: - 15 – 17 Oktober

PLEK: - Vegkop-terrein, HEILBRON

AANWYSINGS
Vanuit Heilbron
Vat die Petrussteyn-pad uit Heilbron en vat net buite die dorp die Frankfort-afrit links, maar draai bo-op die brug regs en ry oor. Volg pad reguit bo-oor ‘n tweede brug. Draai kort daarna links op Vegkop-pad. Terrein ca 25km verder op linkerhand, net vóór die pad grondpad word.
Vanuit Sasolburg
Ry verby Heilbron. Net verby Heilbron, draai links op Frankfort-pad. Ongeveer 1km verder is ‘n bordjie: Vegkop. Draai regs. Terrein ca 25km verder op linkerhand, net vóór die pad grondpad word.
Indien u ‘n staanplek op die kampgronde wil bespreek (daar is meer as genoeg plek), bespreking is slegs ‘n telefoonoproep, ‘n sms of ‘n e-pos ver! Bespreek vir u ‘n stalletjie-spasie teen ‘n donasie van R 50 vir die dag (Saterdag) by Zak: 083 208 6831, of indien u meer inligting verlang, kan u 'n e-pos stuur na vegkopkamp@gmail.com, of kontak vir Francois by:
Francois du Plessis: 082 335 6680 (e-pos: swysie@gmail.com)
Michelle de Klerk: 082 953 1216 (e-pos: vegkopkamp@gmail.com)

Boere-groete
Vegkopkampkomitee

 

“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.”
Ps. 16:6