Suid-Afrika: Welkom (2010-09-20), wit studente onder aanval PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 22 September 2010 12:37

Welkom 2010-09-20. One of the black students kick a white student.Van Verkenners Beweging se webwerf (22 September 2010):

 

anranding van Norman Fourie (16)
Gr.9-leerling erg beseer in beweerde aanranding

 

Tom de Wet

WELKOM. – In nóg ’n voorval van skolegeweld in die Goudveld is ’n gr.9-leerling van die Orionskool in Welkom so erg deur ’n medeleerling aangerand dat hy ná die aanval bewusteloos op die grond bly lê het en erge harsingskudding opgedoen het. ’n Video-opname van die bakleiery is deur ’n ander leerling met ’n selfoon gemaak. Hierop kan gesien word hoe Norman Fourie (16) geslaan word totdat hy op die grond val, daar geskop word en dan weer geslaan word as hy opstaan. Hy probeer om homself verdedig.
Die slaner word hoorbaar deur ander leerlinge aangepor, en aan die einde van die video kan gesien word hoe ’n ouer in sy motor sit en kyk sonder om te help. Norman het wel gisteroggend gaan eksamen skryf voordat sy ma, mev. Elsie Fourie, hom na die polisiekantoor gebring het om ’n klag van aanranding in te dien. Sy glo egter hy het nie baie goed gevaar nie. “Hy kan niks ná die aanranding onthou nie. Sy pa is al byna vier jaar dood, maar hy kan dit nie onthou nie. Hy het Maandag, nadat hy ná die aanranding sy bewussyn herwin het, gehuil en sy pa gesoek.”
Fourie sê sy weet haar kind is nie die soetste kind in die skool nie, maar om so aangerand te word terwyl personeel niks doen om dit te keer nie, is onaanvaarbaar. “Een van my seun se maats het my Maandag gebel en gesê Norman is met ’n mes gesteek. Ek het dadelik na die skool gejaag waar ek hom erg beseer en deurmekaar gekry het. Hy is bewusteloos deur maats van die plek waar hy bly lê het, weggedra. “Volgens ooggetuies het die skoolhoof, mnr. Hennie Burger, gesien wat gebeur, maar het dit nie gekeer nie. Volgens die ooggetuies het die ander seun, wat in gr. 8 is maar glo reeds 18 jaar oud is, my seun aanhou vloek. Norman het hom gevra om op te hou, waarna die aanranding plaasgevind het.” Sy sê daar was nooit voorheen wrywing waarvan sy weet tussen die twee seuns nie. Sy het hom by ’n dokter gehad, wat vasgestel het dat hy erge harsingskudding opgedoen het.
Verder het hy ook ’n sny en krapmerke aan sy rug, nek en elmboë. Volgens omstanders was daar ook ’n mes of ander skerp voorwerp betrokke. Sy is ’n werkende enkelma en moes hom gister by vriende los om sy toestand dop te hou. Hy het heeldag geslaap. Mnr. Coert Olivier, onderhoof, het gistermiddag by navraag gesê volgens hul voorlopige ondersoek was daar ’n slanery oor en weer wat reeds op die skoolterrein begin het, en toe buite die hek in die straat voortgesit is. Dit het gebeur terwyl die leerlinge die skoolterrein verlaat het. “Die aangeleentheid is egter nou in die polisie se hande.”
[...]