Die Italiaanse Korps (Die Engelse Oorlog 1899 - 1902) - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Maandag, 27 September 2010 09:00

Ons bring hulde...
Die Engelse Oorlog 1899 ─ 1902
Die Italiaanse Korps

 

Ons Boerevolk is deur hel in die oorlog van 1899 - 1902 toe Groot-Brittanje ons as volk wou vernietig. Die ongelyke stryd van die klein Boerevolkie teen die magtigste boelie van daardie tyd, het egter die ver­beelding van reggeaarde en beskaafde lede van die Witras van regoor die wêreld aangegryp en aan die stryd aan die Boerekant laat deelneem.

Soos met die Kaapse rebelle wat teen haar Majesteit gerebelleer het en daarvoor met hulle lewens geboet het, het baie van die Uitlanderkorps, soos hulle ook genoem was, tot die dood toe kom veg vir die Boere­saak. Ek weet nie of ons nie te min  hulde bring aan hierdie Edelmanne van ons wit ras nie.

Oor die hele wêreld het hulle gekom. ‘n Deel van so ‘n groep was die Italiaanse Korps. Hierdie is hulle verhaal soos oorgeneem uit  Die Boere-Offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog, 1899 – 1902 ─ ‘n monografie van die Nasionale Kultuur­histories Museum, Pretoria, saamgestel deur Jacques Malan.

Kol. C. Ricchiardi

Camillo Ricchiardi is op 5 Junie 1865 in Alba in die westelike Italiaanse Alpe gebore en op 21 Januarie 1940 in Casa Blanca in Morokko oorlede en daar begrawe.

Hy studeer aan die militêre akademies van Modena, Udine en Pinerolo en word in 1887 luitenant van die 4de Kavellerie-Regiment van Genoa waarna hy na Saluzzi is en kaptein van die Koninklike Piedmontese Kavellerie word. In 1891 verlaat hy die garnisoen en word militêre adviseur van die koning van Siam.

Tydens die Sino-Japanese oorlog van 1895 verteenwoordig hy VSA-koerante. In 1896, met die Italiaans-Abessiniese oorlog, was hy in Abessinië. Hy was ook korres­pondent vir ‘n Turynse blad in Shanghai. In 1898 veg hy in ‘n vrywilligerskorps in die Filippyne teen die VSA.

In 1899 het hy via Lourenco Marques saam met ander Italianers na die ZAR gekom. Op 5 November 1899 het hy ‘n perd en ‘n mauser gekry asook die opdrag om by die Krugersdorp-kommando aan te sluit. Op 6 Desember is hy na Krugersdorp, maar kry op 6 Januarie 1900 goedkeuring om ‘n Italiaanse vry­willigers­korps op die been te bring.

Hy neem met sy korps deel aan die Natal-offensief en word, nadat genl. De Villebois Mareuil gesneuwel het, kolonel en bevelvoerder van die verenigde Uitlanderkorps. Met ‘n handjievol manne het hy gehelp dat genls. Lukas Meyer en Christiaan Botha kon wegkom uit Natal. Die Engelse het toe £2 000 op sy kop geplaas.

Tydens die slag by Colenso is hy saam met 20 ander swaar gewond en na die hospital in Pretoria gestuur. Hier ontmoet hy Hannah Myra Francyska Guttman, ‘n suster van Frikkie Eloff se vrou, Magdalena. Frikkie was ‘n seun van Gert Eloff en Annie Kruger, die president se dogter. Sy was ook familie van Bertha Guttman, Sammy Marks se vrou.

Na sy herstel is hy na Parys, Frankryk, en soek president Kruger in Menton op. Die Eloffs en Myra was deel van die president se gevolg. Op 5 Junie 1901 is hy met Myra in Menton getroud.

Hy verhuis later na Argentinië waar hy grondadministrateur van die Boere-kolonie in Chubut word. In 1905 vestig hy hom in Buenos Aires waar hy met groot ovasie deur die studente ontvang is.

In 1913 is hy terug na Italië en het hy die eerste van ‘n paar beroerte-aanvalle kry. Dit het hom verhoed om aan die Eerste Wêreldoorlog deel te neem.

Met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het hy na Morokko verhuis waar hy oorlede is.

Hy was ‘n aantreklike, lang, aristokratiese man, belese, ses tale magtig, vrygewig, aktief, toegewyd, hardwerkend, aggressief-dapper, godsdienstig, ‘n groot Italiaanse patriot en ‘n kampvegter in Frankryk, Italië, Argentinië en die VSA vir die saak van die Boere.

Hy het baie geskrifte nagelaat, maar net sy Diario (in manuskripvorm) het betrekking op die Tweede Vryheidsoorlog. Mario Lupini het in 1989 ‘n boek oor hom geskryf: Camillo Ricchiardi: Boer War Hero.

Opgedra aan my Italiaanse “Boer” ─ Massimiliano Maccini van Fontevivo, Parma, Noord- Italië, wat, as hy 1899-1902 geleef het, hier sou geveg het saam met ons! Ek salueer jou, kameraad.

 

Besoek gerus sy Boere-webblad:
http://www.volkstaat.it/index.php?option=com_content&view=article&id=297:2609201003&catid=56:latest&Itemid=82

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee, Orde Boerevolk
e-pos: piet.rudolph@gmail.com

Staande v.l.n.r.: Hertog Pecci (neef van die Pous), Kol. Ricchiardi, Kapt. Max Schiffi, Hertog Villenueve de la Colette. Sittende v.l.n.r. (volgens Lupini): Maj. Guiseppi Caldara, Baron von Goldegg, Lt. Simon. Sittende v.l.n.r. (volgens Pottinger 174): Lt. Hertog Pecci, Maj. Termini Merese en Baron von Goldegg.