Ratte 10: Optog vir geregtigheid (11 Okt 2010) PDF Afdruk E-pos
Sondag, 10 Oktober 2010 02:02

Facebook event: http://www.facebook.com/event.php?eid=159846717375986

Boere vlae

11 Oktober 2010, 7.00 - 15.00

Witbank se hof. Delville straat. (Tussen Botha en Haig)

Aangesien dit nie lyk of ons 'n permit by die munisipaliteit gaan kry nie, het ons die volgende besluit:
1. Ons gaan Maandag soveel as moontlik die hofsaak van Willem Ratte en die ander manne bywoon. Dit is nie onwettig om die hof by te woon nie, en ons hoef nie smeek vir 'n permit nie.
2. Geen plakkate of rumoerigheid nie, ons wil dit vreedsaam hou, die laaste ding wat ons wil he is nog van ons mense in die tronk.

Julle, kom ons pak daai hof vol! Dink net wat sal dit vir daai manne beteken as hulle uitgebring word en die hele hof sit vol van hulle eie mense! Hierdie manne het ons ondersteuning nodig.

Dit kon jy of een van jou gesinslede gewees het. Sou jy nie die ondersteuning waardeer het nie? Dink daaroor...

Die van julle wat dit regtig nie kan maak nie, doen jou deel en versprei die boodskap. Die tyd vir praat en niks doen is klaar!
Hoop om soveel as moontlik van julle daar te sien! Ek sal die presiese tyd later vandag vir julle deurgee.