Boere-saamtrek 10 Okt 2010. Dankie - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Maandag, 11 Oktober 2010 10:11

Dankie vir gister

10 Oktober 2010. Piet Rudolph

Gister, 10 Oktober 2010, was ons Boere bymekaar op Kameeldrift-Wes om ons Skepper te loof en prys en hulde te bring aan ons helde.

Na 111 jaar wat Groot-Brittanje gehoop het om ons uit te wis, is ons nog hier. Springlewendig. Laat dit ook ‘n aanskouingsles vir die nuwe verdrukker wees. Julle gaan ons nie onderkry nie. Ons is hierheen gebring met ‘n doel en ons sal nie deur die Satan hier doelloos verwyder word nie!

Ons uitgangspunt was om nie mense aan te moedig om saam te trek nie maar uit eie vrye wil die aangesig van ons Meester op te soek. En watter verassing was dit nie! Oorwegend pragtige blosende jongmense en almal vrolik. So asof daar ‘n magneet aan die draai was wat ons na mekaar toe getrek het. En almal Boere. Ai, dit doen ‘n ou mens se hart goed!

Wat kan ek anders sê as Dankie.

En om weer ‘n paar ou strydrosse en edel vrouens uit die verlede bymekaar te sien wat nie geskroom het om op te staan toe die uur geslaan het  nie. Ek gaan nie name noem nie. Dit het ek gister gedoen.

 

Dankie, Boere, dankie

 

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

10 Oktober 2010. Vryheid vir die Boervolk!