Direkte Verklaring deur Willem Ratte uit die tronk (02 en 11 Okt 2010) PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 12 Oktober 2010 10:42

Willem Ratte

Ek Willem Ratte, die ondergetekende getuig onder eed soos volg:

1. Ek is gister, 01 Oktober 2010 gehaal by Witbank Polisiestasie, ed deur ‘n polisielid in gewone klere in ‘n polisievoertuig deurgeneem na Balmoral.
Daar het my “wag” my laat sit voor die koshuis, terwyl die polisie en honde orals in en om die geboue gesoek het na wat ook al. Hulle het nie met my gepraat nie.
Terwyl ek so sit, het eers een manlike lid van georganiseerde misdaad Middelburg na die bakkie geloop wat ek gebruik het om die vorige dag van Pretoria na Balmoral te ry, toe later het ‘n vroulike lid en nog ‘n man bygekom. Hulle het agter op die bakkie my sak waarin al my persoonlike goed is, oopgemaak en daarin gekrap, goed uitgehaal en gekyk. Omdat ek gedink het hulle soek iets onwettings, was ek nie bekommerd nie. Toe bring iemand Polisie plastieksakke en begin om van my goed daarin te sit en weg te vat. Ek onthou toe die geld wat in ‘n plastieksak in die sak was om nog sement en ander boumateriaal te koop, R1100 in totaal. Ek laat toe vra of hulle ook my geld vat, toe se hulle daar is geen geld nie. Hulle het toe alles weer deursoek, maar niks gekry nie. Die bakkie was so ongeveer 20m va my af veg.
Al die tyd het ek by die wag gesit met my voetboeie aan, en vir mense gevra om die by die bakkie te vra. Hulle moes goed geweet het die goed agterop is my goed want my ID en paspoort was ook daar.

Niemand het my gevra om by te wees terwyl hulle my sak deursoek nie en ek kan nie sien wat hulle agter op die bakkie met hulle hande in my sak doen nie. Niemand het vir my ‘n opname gegee van wat hulle wegvat nie en geen ontvangsbewys is aan my vir enigiets gegee nie, hoewel daar duur items soos ‘n nuwe GPS (wat nog nooit gewerk het nie) en ‘n “notebook” rekenaar, ens.

Ek vermoed die man van georganiseerde misdaad (organized crime) het my geld gesteel. Ek is ook bevrees hulle sal van die ander goed ook steel, omdat hulle my geen ontvangsbewys gegee het nie.

Willem Ratte
2/10/2010

 

= = = = =

 

WILLEM RATTE SE VERKLARING UIT DIE TRONK (tweede een)

Suid Afrika is mede ondertekenaar van internasionale konvensies wat optredes rondom nie geweldadige protes voorskryf. Een week gelede het ek ‘n verklaring by die hof ingehandig dat ek op...gehou eet het sedert 1 Oktober 2010, in protes teen die onwettige ontvoering en aanhouding van die vyf jongmense onder ons.

Woensdag laas week het die Hooggeregshof die blatante vertrapping van menseregte, die instorm in huise sonder lasbrief, die steel van geld, horlosies en wat nog ,die vat van besittings sonder enige ontvangsbewyse, en die ontvoering van mense na polisieselle sonder behoorlike arrestasies, gekondoneer, tipies van die kastige so demokratiese en o-so-vol –menseregte nuwe Suid Afrika se skynheiligheid, valsheid en onreg.

Daarom gaan ek voort met my eetstaking, totdat die staat se vervolginsgesag wie se magte my in aanhouding geplaas het met gefrabriseerde klagtes, totdat hierdie vervolgingsgesag die belaglike klagtes teen my laat vaar, of die hof dit uitgooi.

Ek eis ook al my gekonfiskeerde eiendom terug, wat hoegenaamd niks met enige misdaad te doen het nie.

Ek is siek en sat en moeg vir al die skynheiligheid en valsheid van die sogenaamde nuwe Suid Afrika.

Ek is siek en sat en moeg vir die arrogante polise, swart en wit wat op ordentlike mense se regte trap, wat steel en vat net soos hulle lekkerkry, sonder enige erkenning van ontvangs.

Ek is siek en sat en moeg vir gewapende polisie wat veronderstel is om die publiek te beskerm teen werklike bedreigings, maar in plaas daarvan ons in polisieselle inprop om beroof te word.

Ek is siek en sat en moeg om my kastige mensregte voorgelees te word deur ‘n selfvoldane polisieman, terwyl almal weet dis net ‘n klug.

Ek is siek en sat en moeg om behandel te word soos ‘n gevaarlike misdadiger met reuse polisie begeleiding, hordes tot-die-tandetoe gewapen taakmaglede, en die hele begelei- sirkus- terwyl moordenaars en rowers buite vry rondloop en moor en roof na hartelus.

Ek is siek en sat en moeg vir polisiemanne wat steel en met dwelms smokkel.

Ek is siek en sat en moeg vir die BOERE HATENDE massa media wat ons mense smeer en wat dinge opblaas buite alle verhouding, terwyl die wapens ter sprake aan verskeie mense behoort, en omtrent almal of permitte en lisensies het, of geen lisensie nodig het nie of windbukse is.

Ek is siek en sat en moeg vir ‘n staat en sy gewapende organe wat voort gaan om ons boere te onderdruk, vervolg en smeer by elke moontlike geleentheid. Ek het gedink die Presidentskap van Jacob Zuma sal ‘n verbetering bring, maar dit lyk of die staat se organe wat net aangaan om te maak en te breek soos hulle optredes sal deur die howe gekondoneer word.

Ek is siek en sat en moeg vir ondankbare wit informant gespuis soos MIKE HOUGH bv

Ek is siek en sat en moeg daarvoor om binne ‘n polisiesel te wees terwyl jong kinders verkrag word omdat die polisie nie omgee nie en elk geval te besig is om dwelms te smokkel om geld te maak van die bendes in beheer.”