Aan alle welmenende Volksgenote - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 14 Oktober 2010 14:38

Willem Ratte

Die voorgestelde versoekskrif wat aan die Nasionale Vervolgingsgesag oorhandig gaan word, is reeds aan u gestuur. 'n Hele aantal van u het reeds daarop reageer. Daarvoor sê ons hartlik dankie.

Ons het nie net opdrag om naastelieifde uit te voer nie, maar ons burgelike plig om 'n volksgenoot in nood, te hulp te snel. Dit gaan ons môre-oggend, 15 Oktober 2010, doen. Ons sal 'n versoekskrif aan die outoriteite oorhandig en hulle oortuig van ons gemelde erns met die saak. Ons hoop daardeur die aandag te vestig op polisie-mishandeling en die inbreuk op die regte van 'n volksgenoot wat toegesluit en in afsondering is.

Die oorhaniging of indiening van ons eis sal môre-oggend plaas vind by die kantore van die NVG by Kerkplein-Oos in Pretoria, stiptelik om 09:00.

Enigeen wat wil deelneem is welkom om te kom. Verrigtinge behoort binne 15 minute afgehandel te wees en sal vreedsaam wees.

Die tyd is daar om saam te staan. Cosatu stel vir ons die voorbeeld van "an injury to one,is an injury to all". So, kom one and all.

 

Piet Rudolph
Voorsitter Aksie komitee: Orde Boerevolk
E-pos: piet.rudolph@gmail.com