Borg en eetstaking Kommandant Willem Ratte - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 15 Oktober 2010 18:40

Borg en eetstaking Kommandant Willem Ratte

Vryheid vir die Boervolk!

Versoekskrif vanoggend oorhandig by NVG. Aan u almal wat so wonderlik ondersteun het en die petisie onderteken het, hartlik dankie.

Verneem van 'n verslaggewer wat by die verhoor was dat almal behalwe kommandant Ratte en nog een borg gekry het. Wat die borg is en of hulle kan betaal, moet nog verneem word.

Uit eie ondervinding met 'n eetstaking, is die kommandant se situasie ernstig en dit is nie sy eerste aksie nie. Hy is ook reeds gevorderd in jare en dit kan sy eetstaking  vererger.

Dit word van ganser harte gehoop dat die owerheid die erns van die saak sal insien en besef dat dit op 'n tragedie afstuur. Ons is van voornemens om vanoggend se aksie binne 10 dae op te volg om 'n moontlike tragedie af te weer.

Ons glo in Ratte se onskuld.

 

Piet Rudolph: Aksiekomitee: Orde Boerevolk.