Konferensie van Boerevrouens - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 22 Oktober 2010 15:25

Voortrekker MonumentMet die oog op die verslegtende toestand waarin die Boerevolk verkeer en die rol van die vrou in die opheffingswerk wat vir ons lê en wag, beoog die Aksie Boere-Republikeine ‘n saamtrek van Boerevrouens en -dogters bo 13 jaar.

Die doel van die konferensie is om indringend te besin oor die bydra van en die identifisering van vroueleiersfigure wat kan help om ons Boerevolksaak aan die gang te kry en hoe om wal te gooi teen verslegting en verbastering.

Die tema is die Volk en die Vrou vorentoe ─ Wat doen ons? Referate sal ook gelewer word deur mans maar ons wil hoofsaaklik die dames se insette kry .

 

Dit word beoog vir Saterdag 30 Oktober 2010 vanaf 11:00 tot 16:00. Registrasie R50-00 wat verversings insluit.

Laat weet asb of u kan kom.

Plek:
Plot 225
Kameeldrift-Wes
Amper h/v Charlstraat en Van der Hoffweg wes.

Koördinate:
S 25 – 71612 \ E 028 – 00611
of
S 25 42.967 \ E 028 00.367

Reg van toegang voorbehou.

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com