Kmdt. Willem Ratte. Gustav Müller, Suidlanders PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 26 Oktober 2010 13:51

doringdraad

Kmdt. Willem Ratte. Skrywer: Gustav Müller (Suidlanders)

20 Oktober 2010

So 4 jaar gelede het ek ’n verf-bal naweek in Nelspruit gereël! ’n Naweek waar jongmense net lekker kon ontspan en mekaar kon leer ken, natuurlik het elkeen so paar pers kolle oor die naweek opgedoen?!
By ons aankoms in Nelspruit die Vrydag middag moes daar 60 mense gewees het, waarvan daar toe net  /- 30 was! Ek onthou toe dat Willem altyd hawelose (werklose) seuns inneem, hulle dan versorg, vakmanskap opleiding gee om sodoende vir hulle ook geleenthede in die lewe te skep! So daar is altyd ’n klompie jong seuns en ek dink toe laat ek hom bel en hoor of hulle nie die Saterdag wil kom deelneem aan die spelery nie aangesien ons reeds die koste aangegaan het om die verf-gewere te huur?
Nadat ek sy nr. opgespoor het, het ek hom gebel en vertel dat hul gratis kan kom deelneem, dit is soveel meer pret as daar so 40 is! Hy het onmiddellik ingestem en gesê hy sal deur die nag daar arriveer, min het ek geweet dat hulle op daardie oomblik in Pietersburg was! Vandaar het hulle deur die nag eers Balmoral toe gery en toe na Nelspruit (met eerste lig was hul daar). Hulle het nog met die voertuie gesukkel op die pad ook en het hy net weggebly? Of gebel en gesê ek kan dit nie maak nie, hoewel hy alle rede gehad het om so te doen? Nee, ek het hom leer ken as ’n man wie se ja, ja is!
Iemand wat  /-500 km deur die nag ry om sy woord na te kom!
Mense, ons almal sal altyd verskillende oplossings vir die probleme in die land hê! Maar om iemand te ken wat nog nooit nee gesê het wanneer daar ’n offer vir sy volk gevra was nie, is ’n voorreg!
Vir die wat nie weet nie, Willem Ratte is op ’n eetstaking al vir 20 dae, in protes teen al die onregverdigheid(op die hoofnuus van die TV word daar  /- 5 min spandeer om te wys hoe ’n leerling by ’n lamp moet studeer, terwyl ’n politieke gevangene wat al 21 dae eet staak nie eens vermeld word nie, is dit omdat hy ’n Boer is?) wat teen ons gepleeg word in hierdie nuwe SA?! Iets wat elke blanke in hierdie land oor kla, maar niks kan of probeer doen nie? Laat ons meer lojaal raak teenoor die volksgenote wat wel iets probeer doen, al verskil ons planne van mekaar! Mandela het vir sy volk en sy mense offers gebring en jy Willem is bereid om vir jou mense en jou volk offers te bring, dankie!
Ek vra dat u vir Willem in hierdie protes by wyse van gebede sal steun!
Ons het net mekaar in hierdie nuwe SA!

Sterkte en seën, Willem Ratte!