Vrouekonferensie 30 Okt 2010 (agenda) - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 29 Oktober 2010 19:06

Dames

Byeenkoms Boerevrouens, Saterdag 30 Oktober 2010

Voortrekker Monument

Bymekaarkomplek, plot 225, Kameeldrift-Wes. (Kyk vir aanwysers amper op hoek van Van der Hoffweg en Charl-laan. Ingang ongeveer 50 treë vanaf Van der Hoff, in Charl regs)

Omdat ons nie vooraf weet hoeveel mense kom nie, reël ons net vir ligte ver­ver­sings.

Verrigtinge begin stiptelik om 10 00 en ons beoog om 14 00 klaar te wees.

Hierdie is ‘n eerste poging om die insette van Boerevrouens te kry oor die verval en die verbastering wat ons bedreig en hoe ons dit kan teëwerk. U sal self besluite moet neem want niemand anders in die openbare lewe gaan dit vir u doen nie. Daar gaan drie kort inleidings wees om die gesprek te stimuleer. Sien onderstaande konsep agenda. Enige dame wat iets op die agenda wil plaas, kan dit nog doen voordat  ons begin.

Dit is ‘n vrouekonferensie en enige vrou kan ons kom inlig, ‘n standpunt stel en voor­stelle maak.

 

Voorlopige agenda

 

09:00 REGISTRASIE

10:00 “WIE IS ONS?” ─ Mnr Dirk van Vuuren
Bespreking

11:00 “WAAR KOM ONS VANDAAN?” ─ Mnr JP Meyer
Bespreking

12:00 “WAARHEEN IS ONS OPPAD?” ─ Piet Rudolph

12:15 -14:00 Bespreking

14:00 Afsluiting (Boerevolksgenote, Môre is dit die viering van Martin Luther se Hervorming 500 jaar gelede. As gevolg daarvan het ons voorouers aan die Kaap geland as Protestante. Vandag het ons weer Hervorming nodig en moet ons weer protester.)

 

Gaan u deel daarvan wees?

Aksie Boere-Republikeine: Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph vir die Orde Boerevolk
E-pos: piet.rudolph@gmail.com