Insiggewende volksmoord gegewens - Projek 2010 PDF Afdruk E-pos
Maandag, 22 November 2010 11:12

Mediaverklaring
22 November 2010

Insiggewende volksmoord gegewens

Projek 2010

Gedurende die afgelope maand het Projek 2010 se bevestigings van moorde op Afrikaners die 1000 kerf verbygesteek.  Die Projek 2010-span het dit goedgedink om ‘n paar insiggewende gegewens uit die databasis saam te stel ten einde mense in ‘n meerdere mate bewus te maak van wat die volksmoord tans behels.

Eerstens is die identiteite van die moordenaars en medepligtiges  saamgevoeg, tesame met hul onderskeie onderdomme, ten einde vas te stel watter ouderdomsgroep verantwoordelik is vir die meeste moorde.  Die meeste van die moordenaars het in hul 20’s die moorde gepleeg.  Die gemiddelde ouderdom is 27 jaar en is bepaal uit die beskikbare ouderdomme van 61 moordenaars en medepligtiges.  Die totale aantal moordenaars en medepligtiges waarvan die identiteite bekend is, is 72.

Diegene wat weens moorde aangekeer is, maar nog nie gevonnis is nie, is onder die kategorie van “Verdagtes” saamgevoeg.  Projek 2010 beskik oor die identiteite van 105 persone in dié kategorie, waarvan 80 se ouderdomme bekend is.  Die meerderheid van hulle is ook tydens hul 20’s op aanklag van moord in hegtenis geneem.

Die hoeveelheid moordslagoffers met dieselfde van is ook vasgestel.  Die meeste moordslagoffers per van is die Botha’s.  Daar is 21 Botha’s vermoor.  Daarop volg die Venter’s en van Zyl’s met 17 en 14 onderskeidelik.

Die hoeveelheid moorde per omgewing is ook saamgevoeg.  Hierdie gegewens kan uit verskillende hoeke bekyk word.  Die feit dat die groottes asook die bevolkingsdigtheid van die gebiede aansienlik verskil, maak dit moeilik om werklik te bepaal watter gebiede die gevaarlikste is.  Wat egter opvallend is, is dat ‘n plek met ‘n relatief lae bevolkingsdigtheid teenoor bv. Pretoria wat bo-aan die lys is, die tweede plek inneem.  Cullinan blyk een van die gebiede te wees waar die aanvalle en moorde op Afrikaners die meeste kommer wek.  Tot dusver kan Projek 2010 in die gebied 26 moorde bevestig.

Moorde per provinsie is ook vasgestel.  Sentraal Transvaal het die hoogste hoeveelheid moorde.  Sowat 34% van al die moorde op Projek 2010 se databasis het in dié gebied plaasgevind.  Oos-Transvaal en Wes-Transvaal is tweede en derde onderskeidelik op die lys van meeste moorde per provinsie.  Die minste moorde kom in die Noord-Kaap voor.

Projek 2010 wys graag daarop dat die projek nog aktief besig is om besonderhede oor moorde in te samel en daar kort nog heelwat inligting uit veral die tydperk 1994 to 2000.  Hierdie getalle is gevolglik nie finaal nie en daar word ‘n beroep op elkeen gedoen om die webwerf te besoek en ontbrekende inligting aan Projek2010 te verskaf.  Alhoewel nog nie finaal nie is daar egter tog ‘n duidelike oorsig oor tendense wat bestaan.  Meer besonderhede oor die gegewens kan op die webblad besigtig word:

www.projek2010.co.za

Saamgestel deur:
Projek 2010