Boereleiersberaad 20 Nov. 2010 PDF Afdruk E-pos
Maandag, 29 November 2010 16:39

Van Boerevryheid se webwerf

VierkleurOp inisiatief van die Boerevolk Beskermings Forum (BBF), is daar op 20 November 2010, vir die eerste keer die afgelope vyftien jaar, ʼn suksesvolle byeenkoms van leiers van verskillende organisasies wat volgens die media, aan die regterkant van die politieke spektrum geplaas sou kan word, in Springs gehou.
Ongeveer 60 persone het die beraad bygewoon en die volgende het ʼn spreekbeurt gehad, waartydens hulle die geleentheid gebied is om hul organisasie se oplossing en betrokkenheid by die bevryding van die Volk, aan die vergadering bekend te maak:

“Onafhanklike” – Albert Smit is as voorsitter aangewys.
Genl. Johan Prinsloo – BBF
Luit Gen. Jaco Scherman – Azri'EL
Andre Visagie – Geloftevolk Republikeine
Theuns Snyman - Suidlanders
Dr. Lets Pretorius - Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR) en Boerevolk Vryheidstigting (BVS)
Coetzer Johan - Boerevryheid se webwerf (Die Plaaswerf)
Jan Beyers – Huis van Oranje groep
Essie Esterhuizen - Volkskansel
Ben Geldenhuys - Verkenners
Steyn van Ronge – AWB
Andries Breytenbach – HNP
Hannes Engelbrecht – ZARP
Genl. Daan du Toit - Volkskommando
Mark Singery - Tussentydse Afrikaner Raad (TAR)
Etienne Le Roux en Paul Kruger - VVK

Elke spreker het sy organisasie se visie en planne op die tafel geplaas. Die Verkenners en die HNP het tydens hul voorlegging, hul steun aan die VVK se planne toegesê.