Die Slagting op Lindley - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Sondag, 05 Desember 2010 10:44

Die Slagting op Lindley

 

Willemien PotgieterNet ‘n paar dae gelede is ons Witmense gekonfronteer met die wrede moorde van die Potgieter-familie. Wie wil nog twyfel dat ‘n uitwissingsoorlog teen ons gevoer word?  Die moorde gaan net aan en aan. Elke dag meer en meer. Elke week meer en meer. Elke maand meer en meer. Jaar na jaar.  

En niks word daaraan gedoen nie. Watter aandeel kan ‘n driejarige dogtertjie tog hê aan die gewaande onregte van die verlede wat deur Witmense gepleeg sou gewees het? Net mooi niks!

Die moord op hierdie kind roep om optrede. Dit kan nie so gelaat word nie. Net soos in die Engelse Oorlog toe die Engels ons wou uitwis in die woorde van Alfred Milner, wat  gesê het: To wipe out all traces of Afrikanerism, belewe ons dieselfde aanslag teen vrouens en kinders. So is vrouens op Allanridge dodge­martel. En nou weer hier­die pragtige kind! En het u enigiets gehoor van die regerinskant?

Hierdie aanhoudende moorde gaan tot vergelding lei. Dit is onafwendbaar. As die regering nie tot hulle sinne kom nie ─ wat in elk geval betwyfel word ─ gaan hulle die gevolge hiervan dra.

Intussen moet daar iets hieraan gedoen word. Ons kan nie langer stilsit nie. Onge­luk­kig sal ons weer die herhaling uit die verlede hê dat sekere or­ga­nisasies en in­stan­sies hieroor vliegies wil afvang om ‘n staanplekkie op ‘n ashopie te probeer verseker.

Dit sal nie werk nie. Ons moet van die geleentheid gebruik maak om in eendragtigheid ons volk op te vorder en ons eendrag hier­oor te bewys. Dit gaan nie oor persoon­likhede of instansies nie, maar ‘n volk wat vernietiging in die gesig staar.

Die aksiekomitee van die Orde Boerevolk is daartoe verbind om met enigeen saam te werk en ondersteuning te gee aan enigeen wat aan hierdie saak iets wil doen. Ons wil dit doen as Boerevolk, in belang van ons volk en vir hierdie klein dogtertjie Willemien Potgieter.

 

Opgestel deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com

 

5 Desember 2010