Potgieter-slagting op Lindley - AWB (6 Des. 2010) PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 07 Desember 2010 16:10

AWB mediaverklaring (AWB webwerf), 06 Desember 2010

Lindley map

Dis met skok en afgryse dat die AFRIKANER WEERSTANDSBEWEGING kennis geneem het van die Koelbloedige en sinnelose moord op die Blanke boeregesin in die distrik van Lindley. Dit is met leedwese, hartseer en veragting dat ons ook verneem dat selfs ´n onskuldige 3 jarige dogterjie tereggestel is.

Na die brutale en geweldadige moord op die voormalige leier van die AWB, mnr Eugene Terre Blanche, het die AWB sy lede en ondersteuners gemaan tot kalmte en beheersing van hulle emosies toe sommige van hulle reg en geregtigheid in eie hande wou neem. Aan hierdie versoek van die leierskorps van die AWB het ons lede volmondig mee saam gedoen.

Die aanslag en voortdurende moored op Blankes in Suid-Afrika neem skokkend toe en die afgryse waarmee dit gedoen word, meer geweldadig.

Indien hierdie toedrag van sake nie onmoddelik gestaak word nie kan en sal die AWB se leierskorps nie verantwoordelikheid aanvaar vir die moontlike optredes van sy lede en ondersteuners nie.

Huidiglik na die afgelope voorval in die Lindleydistrik loop gemoedere en emosies hoog onder sy ondersteuners en maan die AWB die regering van die dag om onmiddellik op te tree, 'n verklaring uit te reik en hulle misnoeë te kenne te gee aangaande die geweld wat tans hoogty vier en om misdaad te verwerp.

Daar word dringend versoek dat die ANC regering die belange van die Blankes in hierdie land sal erken en daadwerklik beskerm.

Die regering moet misdaad, wat die verval van wet en orde insluit, onmiddelik onder beheer kry.

Hierdie is nie n dreigement nie maar die AWB versoek alle Blankes om hulle paraatheidsvlakke te verhoog en hulle te laat oplei om sodoende hulle self te kan verdedig ingeval van n aanval en of nood.

Die AWB eis van die regering dat die belang van Blanke Boere op plase beskerm moet word. Indien dit nie die geval is nie hoop dit die Boere en hulle gemeenskap om wet en orde in eie hande te neem en te handhaaf.

G.S von Ronge - Leier AWB