Geloftediens Voortrekkermonument - 2010 PDF Afdruk E-pos
Saterdag, 11 Desember 2010 14:23

Senotaaf - Voortrekkermonument

Die Vriende van die Vootrekkermonument het my meegedeel dat die jaarlikse Geloftedien op 16 Desember weer hierdie jaar by die Voortrekkermonument plaas sal vind.

Die diens sal soos verlede jaar vroegoggend begin en teen 10:30 afsluit, waarna die Monument oopgestel sal word vir gewone dagbesoekers wat nie die diens bygewoon het nie. Hierdie vergunning word gemaak om soveel moontlik besoekers die geleentheid te bied om die sonstraal op die Senotaaf te sien skyn om presies 12:00.

Die diens en die sonverligting van die Senotaaf sal ook op groot skerms in die Heldesaal en die Senotaafsaal geprojekteer word. Gaste moet asb daarop let dat die kwaliteit van die klankprojeksie beter is in die Senotaafsaal. Hulle word vriendelik aangemoedig om eerder in die Senotaafsaal te sit as hulle beter wil hoor.

Persone wat die Geloftediens bywoon, betaal nie toegangsgeld nie, maar ‘n kollekte sal wel voor die aanvang van die diens opgeneem word om te help met die bestryding van die koste van die verrigtinge.

Die program is kortliks soos volg:

07:00 VTM hoofhekke maak oop
08:00 Assegaaihekke en Monument se deure maak oop en gaste neem plekke in
o 08:30 Samesang: Sangleier Lt.Genl. D.P. Knobel (Aft); orrelbegeleiding Tersia Knobel
08:45 Monumentdeure sluit
09:15 Opneem van kollekte
09:30 Voorlees van Gelofte
09:35 Geloftediens deur ds Thomas Dreyer – Hervormde Kerk 10:30 Afsluiting – wegpak van stoele
o 10:45 VTM-hoofhekke open vir algemene publiek (normale toegang betaalbaar)
12:00 Waarneem van die son op die Senotaaf


Gaste word vriendelik versoek om vroeg te kom, sodat hulle reeds vanaf 08:00 hulle sitplekke in die Monument kan begin inneem. Die Monument se deure sal om 08:45 toegemaak word, waarna laatkommers onder die tentafdakke buite die Monumert geakkommodeer sal word.

Daar sal 1,100 stoele binne-in die Monument en ‘n bykomende 900 stoele buite die Monument onder tentafdakke beskikbaar wees. Persone wat verkies om buite te sit, is ook welkom om hulle eie opvoustoele saam te bring. Klank sal aangelê word sodat almal die diens kan hoor.

Rolstoele en helpers is op aanvraag op die hoofparkeerarea van die Monument beskikbaar om bewegingsgestremde persone met die spesiale rolstoelpad na die Monument te help vervoer. Spesiale voorsiening word ook gemaak vir gehoorgestremde persone wat die diens wil bywoon, met mev Jackie Oosthuizen wat as tolk sal optree.

Die diens word aangebied in die naam van die Direksie van die Voortrekkermonument, met die bystand van die Voortrekker Jeugbeweging.

Die Voortrekkermonument Restaurant sal ook die middag ‘n spesiale, nou reeds byna legendariese, buffet-ete aanbied. Besprekings daarvoor kan nou reeds gedoen word by 012 321 6230.

Daar is ook Geloftefeeste by die Bloedrivier Monument en by Kraalkop naby Fochville.
As julle meer inligtings het oor Geloftedienste op andere plekke, pos dit asseblief op die Groep se muur.

Geseende Geloftefees vir almal.

Francesco Uys Rootenberg