2010 Kerswense - Azri’El PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 22 Desember 2010 23:17

Azri’ElGraag wil ek namens Azri’EL Volksgenootskap vir u elkeen 'n vervulde Christusfees toe wens en mag die tyding van die Goeie Nuus (Evangelie) vir u in hierdie week slegs vreugde bring. Ek bid ook dat u die jaar 2011 met God se Hand van Beskerming sal nader en weet dit is Hy wat u deur die een na die nader neem. Ja, baie was gedoen en afgehandel in 2010, maar ek dink as God ons kan vergewe, kan ons net sowel onsself vergewe. So nie is dit byna asof ons onsself as 'n hoër gesag as Hom ag. Ek glo 2011 gaan 'n jaar van groot oes wees en ons moet seker maak ons is gereed, loop die pad met ons .... Vir God, Volk en Vaderland .... In Sy diens en van die volk
Kapelaan-Generaal Ben Bezuidenhout