Oom Eugene Terre’Blanche en mede Volksgenote (25 Des. 2010) PDF Afdruk E-pos
Sondag, 26 Desember 2010 12:08

Van Boerevryheid se webwerf, 25 Desember 2010

 

Oom Eugene Terblanche en mede Volksgenote

Eugene Terre'Blanche

Waar is hierdie Oom wat duisende in bekoring gehad het. Waar is hierdie Oom wat tien duisende by sy begrafnis kon verenig.

Volksbonders, Boere, Afrikaners, nuuskieriges, media, s wartes, politikuste, Engelse.

Oom Eugene ek het jou nie goed genoeg geken nie maar ons mis jou nogsteeds. Jy wat ons kon meevoer met daardie magiese stem. Ek onthou op jou begrafnis hoe n groot man soos n baba huil. Ek onthou hoe kinders en ou mense gehelp het om jou graf toe te gooi. N rou rooi gat waarin jy verdwyn het deur n wraaklustige stuk skuim wat jou weggevat het in jou slapens uur. Wat nie vir jou opgewasse was of vir die honderde duisende wat alles gaan doen vir Vryheid nie.

Hierdie Kersdag sal in my ingeprent wees, die bloekombome op jou plaas, die verlate mielielande, jou pragperd en die Kleur van 4.

Oom Eugene en alle gevalle Boere in die afgelope 20 jaar.

Julle het ge-offer en ons sal staan.

So help my God.

Vaarwel my Oom met n traan in my oog.