Persverklaring. Siviele Eis: Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 01 Februarie 2011 20:55

Persverklaring

Hooggeregshof van Suid-Afrika

Bogenoemde saak is vandag 31 Januarie 2011, in die Hoërhof geskik.

Die staat onderneem om die eiser, R 110 000 te betaal asook al die regskostes voort­spruitend uit die saak.

Die eis-oorsaak spruit uit ‘n voorval by die Hooggeregshof, op 4 Mei 2006, in die Boeremagsaak toe Piet Rudolph gearresteer is op klagtes van die polisie verhinder in die uitvoering van hulle pligte, aanranding, crimen injuriae en intimidasie teen Kapt Vice en Superintendent Vreugdenburg. Die crimen injuriae-klagte het gespruit uit die beskuldiging van Piet Rudolph teen Vice dat hy ‘n Boereslaner is (verwysende na Vice se beweerde aanranding van een van die Boeremag-beskuldigdes, Wilhelm Pretorius) en dat Vice deur sy optrede, ‘n Boerehater is.

Piet Rudolph is vir 7 dae aangehou te Pretoria-Sentraal-gevangenis onder haglike omstandighede.

Hy is gedurende  Desember 2007 op alle klagtes onskuldig bevind en ontslaan.

 

Opgestel en uitgegee deur JP Meyer namens die Aksiekomitee, Orde Boerevolk.
E-pos:

meyerjp7@gmail.com
piet.rudolph@gmail.com