Skaam om Boer te wees? - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Maandag, 21 Februarie 2011 11:45

Skaam om Boer te wees?
Konsentrasiekampe
Oorgawe?

Is dit waarvoor hulle gely het? Is dit waarvoor hulle  van honger gesterf het?

Toe die Engelse in die Anglo-Boere-oorlog nie die Boere se rug op die slagveld kon breek nie, is hulle vrouens en kinders in die haglikste omstandighede denkbaar in Konsentrasiekampe gegooi en doodgemaak. Boerevrouens en dogters is verkrag en mishandel. Vrouens en kinders, 27 000 in totaal, is in enkele maande uitgewis! Die helkampe kon egter nie die room van die volk, Transvalers en Vrystaters, se gees breek nie. Toe moes hulle plase afgebrand word, hulle veestapels vernietig word om die Boerevolk te breek. Bannelinge van jong seuns gemaak. Engeland kon hulle nie breek nie!

Maar nou? Wat nou? Skaam om Boer te wees? Te swak om op te staan? Die Boererepublieke skimptaal van verlooptes, die vryheidsdrang vervloë en verlore?

Konsentrasiekampe
Boerevrou en Boerekind, het julle dan verniet gely en gesterf? Vader, is dit waaroor u  ons so straf? Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry! Kom wys my!

Opgestel en uitgegee deur die Aksiekomitee: Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com