Afrikaner versus Boer - J.P. Meyer PDF Afdruk E-pos
Vrydag, 25 Februarie 2011 22:54

Van die oorspronklike Ystergarde van die AWB was daar verlede Donderdagaand by Paardekraal met die Afrikaners se VVK vergadering geen sig nie.

Die einste Ystergarde het die polities gelaaide vergadering van Paul Kruger, Abel Malan en Dan Roodt, beskerm tot die mate dat Piet Rudolph tot vanaand nog in die bed is as gevolg van beserings wat hy as 74 jarige ou man op gedoen het toe hy die valsheid van die leiers- korps van VVK wou uitlig.

Ek waag dit om te se dat Eugene Terre-Blanche in sy graf sal omdraai as hy moet weet dat die leierskap van die enigste weerstand in die land, die AWB, die pad van versoening volg. (omdat ek hom intiem persoonlik geken het.)

Ek het persoonlik met die Hoof-Kommandant van die area Jerry Bezuidenhoudt, geskakel en hy het geweier om met my te praat en het my verwys na die KG. Johan Pottie Potgieter. Ek vermoed dat hy nie in beheer van die situasie was nie want hy wonder tot nou toe of dit sy Ystergarde was wat betrokke was.

Ek het toe maar besluit om met die Hoofleier Steyn van Ronge self te praat om duidelikheid te verkry oor wat daar plaas gevind het. Tot my skok moes ek verneem dat die Ystergarde slegs daar was om die hoofleier van die AWB te beskerm en niemand anders nie. Hy het ook geen gevoel daaroor dat sy Ystergarde die oorsaak van Piet se beserings was nie.

My vraag is nou, hoe de hel is dit dan dat “die Boer Piet Rudolph” (Eugene se eie woorde) deur die Ystergarde beseer word as hy in geen stadium die die hoofleier bevraagteken het of bedreig het nie?

Kom ek antwoord my eie vraag, die leierskap van die AWB se ruggrate is nou so pap dat hulle bereid is om met enigiemand te veg solank dit nie die vyand is nie.

Paul kruger se brein is nou so groot dat hy moontlik kon sterf as gevolg van kraakbeen vanaf sy neus wat moontlik sy skedel kon binnedring.

Abel Malan het so groot geskrik dat hy nou ‘n ras- egte Boer is maar nog steeds nie met Boere wil praat nie.

Dan Roodt gebruik die verloop van ‘n kort tydsverloop van 30 jaar om sy vulgere gedig oor die Volksmoeder (maw. jou ma, jou vrou en jou dogter) te versag maar weier nog steeds om dit te repudieer.

Ek wil vir julle almal se, dit is om van te KOTS, Eugene het een aand vir my gese “die skepper het elkeen van die voorgeslagte uitgekies om hulle oorloe te veg.Die een teen die Xosas, die een teen die Zulus, die een teen die Engelse maar ons geslag het hy uitgekies om teen die magte van die Satan self te veg. Dit is vir my baie duidelik.

Ek bly by my standpunt!
As Piet Rudolph iets oorkom as gevolg van julle Afrikaner  gemors sal die HEL JULLE HAAL!!

Ek sien of hoor nerens uit Boere geledere enige verontwaardiging, beswaar of navraag oor Piet se welstand nie, dus moet ek aanvaar dat daar goedkeuring verleen word aan die verotte Afrikaner gedagte.

Die bloed

en die Boer