Die Afrikaner. Eis om regstelling - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Woensdag, 02 Maart 2011 18:48

Mnr Johan Retief, Persombudsman

Vir u ter inligting en optrede asb. Ek weet nie of die aangeleentheid binne u bevoegdhede val nie en sal bly wees om van u te verneem - piet rudolph

Die Redakteur
Die Afrikaner

Eis om regstelling
– u verdraaide berig in Die Afrikaner 25 febr – 3 mrt 2011

Ek wil die die skerpste kapsie maak teen u berig Boer teen Boer Boewery en die daarmee gepaardgaande publisiteit wat eensydig aan Paul Kruger van die sogenaamde Afrikaner Verkiesingskommissie, verleen is om op ‘n bedenklike manier, ‘n bedenklike saak, op ‘n valse voortstelling, te probeer propageer.

U absolute minagting vir die waarheid, gebrek aan kennis in die inleidende paragraaf van u “Die boefagtige optrede teen volksgenote wat hulle beywer  vir die Vryheid van ons volk in sy vaderland het ‘n skokgolf deur volksgeledere gestuur.” Dit op sigself behoort die graad van verdraaide brienspoeling, waaraan u reeds blootgestel is, te openbaar. Die boewe was aan die kant van diegene wat u nou wil verhef tot redders van ‘die volk’.

U het geen begrip van die betekenis van volksvryheid in “ons vaderland” nie. Net so min as wat u begrip het van Boerevryheid. Dit alles spreek van u misleiding en verdraaiings wat erger is as wat John Vorster, P W Botha en FW de Klerk, saam teen ons beplan het. U valsheid dat u met Vryheid te doen het en dat u besig is om die volk na ‘Vryheid te lei’, dui daarop dat u besig is is met koelbloedigste misleiding waarmee ons nog te kampe gehad het. Met watter volks se ‘vryheid’ en waar gaan die Vryheid wees wat u sodanig beplan - waarheen u die volk wil lei?

Net soos wat Vorster en Kie se Nasionale Party, geen teenstand en geen weerstand geduld het nie, doen u presies dieselfde. Die sogenaamde volk moet willoos aan die slaap gehou word en nie vrae vra oor die bedenklike rigting  wat u ingeslaan het nie.  Ek het vir u nuus. Ek glo Jaap Marais en Albert Hertzog draai in hulle grafte om oor waarmee u besig is. Gelukkig is is daar genoeg van ons oor wat u verraad sal oopvlek met elke vesel in ons liggame.

Die verdere misleiding en wanvoorstellings van Paul Kruger, is gelukkig die onder­werp van ‘n hofsaak waar sy en andere se wanvoorstellings, onder kruisverhoor getoets sal word. Ek het genoeg geloof in ons saak en met u  bevordering van leuens rondom Paul Kruger se bewerings, is ek die een wat in die gesig geslaan, geskop, rondgestamp en gespoeg is, sonder enige pogings van die Afrikaners om dit te verhoed.Dit, terwyl daar ‘n openbare uitnodiging was om vrae te kom vrae!!!!!!!

U het u vergadering geadverteer as Afrikaner-vergadering. U het dit geadverteer onder die koddige vlaggie wat net vir oningeligtes na ‘n Vierkleur sal wil lyk. Alles om u misleiding en vedoeseling ’n skyn van waarheid te gee asof u ook met die Boerevolk te doen het. Daarom moes die skyn van Boerevryheid geskep word, deur Paardekraal valslik by te sleep.

VVK 17 Februarie 2011

Ek verwag van u om my kant van die saak te plaas.

Die uwe

Piet Rudolph
Aksiekomitee: Orde Boerevolk
e-pos: piet.rudolph@gmail.com