Waar ‘n wil is, is ‘n weg (JP Meyer) PDF Afdruk E-pos
Maandag, 21 Maart 2011 21:50

Waar ‘n wil is, is ‘n weg

Drie bomeOns het aan die begin van 1990 as ‘n groepie onder die wilgers by Ventersdorp bymekaar gekom en as 'n aksie van die AWB besluit om “oorlog” te maak. Dit is waar die Orde Boerevolk sy aksies moes begin. Ek stuur jou 'n foto van die boom 20 jaar later, Kyk na die littekens op hom en sien ons volk.

Dit was ‘n pragtige boom, Maar in dieselfde jaar slaan die Weerlig hom plat met die aarde. Daardie wilgeboom het weer begin groei. Drie aparte bome- sterk en gesond. Vir my is die boodskap nie soos jy wil nie, maar soos Ek wil. Van die manne wat daar was, is al heen. Daar het nog net drie vegters oorgebly. Die ander het oorgegee en uit die prentjie verdwyn. Dit is wat ons is-Klein wingerukte westerloot.

Ons sal weer opstaan!

Hoog die Vierkleur!

JP Meyer