Andre Alkema aan Andries Breytenbach oor Dan Roodt - Piet Rudolph PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 24 Maart 2011 10:43

Danie TheronBeste Andries

Jy het ‘n skrywe ontvang van jou onderdaan, Andre Alkema oor die gedig van Dan Roodt.

Alkema is ‘n politieke pedofiel wat met klein argumentjies lol om ‘n baie ernstige saak as nikseggend af te maak. In die proses lyk sy argument soos ‘n sifdraad- so vol gate is dit.

Waarom plaas hy nie Roodt se gedig nie?  Dit is tog ‘n openbare dokument geskryf deur ‘n openbare figuur?  Dan kan almal sien wat probeer hy verdedig. Of wat hy jou probeer oorhaal om te verdedig. Sal ek vir jou sê waarom hy dit nie doen nie? Enige opgevoede mens sal NIE AAN DIE 'GEDIG' VAT SONDER HANDSKOENE EN ONTSMETMIDDEL NIE. Het jy vergeet wat Danie Theron aan Monypenny gedoen het oor iets net so vieslik. Miskien moet jy ook sommer gaan kyk hoeveel van jou mede-VVK-kandidate sê hulle is bewonderaars van Danie Theron!

Nou is die vraag aan jou. Verdedig jy as openbare figuur, leier van ‘n politieke party, wat hom op die beginselstandpunte van stoere voorgangers beroep; kandidaat van die VVK, sy medekandidaat wat ‘n sekere seksie van die blanke bevolking, die Boere- afstammelinge van die Voortrekkers- tot in hulle siele verneder?

Plaas die gedig. Of gee Alkema die opdrag om dit te doen. Dan kan almal sien wat is die verskil tussen Rooi Dan Roodt se 'metafoor' en dié van pikswart Julius Malema se lied oor skiet die Boer. As die een verkeerd is, moet die ander ook en andersom.

Net nog ‘n laaste ding- Waar is jou konsekwentheid wanneer jy jou op stoere voorgangers beroep? Jy sit nou in ‘n organisasie waarvan minstens drie lede- kandidate en leiers- saam met Zuma in die geheim eet. Sou Jaap Marais dit gedoen het? Of het ons nou weer, maar binne die HNP, die Vorster argumente van “Ek volg in die voetspore van my voorganger (dr Verwoerd). Of  “die tye het verander”.

Andries, ons verwag van leiers leiding. Nie ‘n saamlopery terwille van possies en aansien nie. Nog een van jou broer-kandidate in die VVK ry die wêreld vol met ‘n Australiese paspoort. Dubbele paspoorte. Dubbele standaarde? Is dit die mense saam met wie jy ons wil lei?

Met agting maar teleurgesteld,
Piet Rudolph