AfriForum veroordeel Kommandokorps-kampe - Boere-Republikeine Afdruk
Maandag, 27 Februarie 2012 09:29

Saamstaan

Kommadokorps

Die tyd is oorryp om die Boerevolk bymekaar te kry. As enkellinge en klein groepies, is ons 'n fluistering in die wind.

Stadig maar seker is die sogenaamde AFRIKANER besig om hom te opoenbaar vir wat hy is- 'n verdeelde en verdelingsfaktor wat nie in staat is om 'n volk bymekaar te maak nie.

Die aanval deur Afriforum vanoggend op RSG, op Frans Jooste was onnodig. Ons stem nie met alles van Frans Jooste saam nie, maar die opleiding van ons mense om terug te slaan, is noodsaaklik anders word ons soos rotte doodgeslaan!

Laat ons toe om van hierdie geleentheid gebruik te maak om vir die Geloftevolk-Republiekeine en by name André Visagie en sy manne, dankie te sê vir die inisiatief om oor die Haatspraak teen die Blakes beswaar te gaan maak. Elke klein bietjie, van waar dit kom, help om die groot geheel te versterk. Daar is diegene onder ons wat weet dat ons sal moet terugslaan. Dat dit die enigste uitweg sal wees.

Ongelukkig is daar ook windsakke onder ons wat baie praat sonder om iets te doen. Ons weet wat gedoen móét word. Laat ons wat weet en wat wil, hande vat om te doen wat goed en wat reg is. Kom ons bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.

Ons salueer diegene wat weier om oor te gee, in te gee en weg te gee! Kom Boere, dis opstaantyd- PJR.