Die Afrikaners en die Malema-verhoor - Piet Rudolph Afdruk
Sondag, 17 April 2011 11:43

Die Afrikaners en die Malema-verhoor

Daar het jy dit nou! Spreekwoordelik, so uit die perd se bek. Volgens Beeld, Vrydag 15 April, 2011, gerapporteer onder die opskrif: Oudgeneraal sê hy voel geviktimiseer het professor Danie Goosen, voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) ook daar onder eed getuig. Goosen is ‘n leidende Afrikaner in ‘n voorste Afrikaner-beweging. Volgens die koerant sou Goosen onder kruisverhoor van advokaat Vincent Maleka SC, oor wie hy as Afrikaner beskou, die volgende gesê het: “Enigiemand wat met die ideale van die kultuurgroep wil assosieer, ongeag van kleur, beskou ons as ‘n Afrikaner.”

Volgens die koerant het adv Maleka “Goosen herhaaldelik gevra wie hy as Afrikaner beskou.”

Daar het u dit nou. Goosen beskou himself as ‘n segsman van die Afrikaner. Hy praat as vername segsman van ‘n voorste Afrikaner-beweging en praat van ‘n kultuurgroep, ongeag ras of kleur. Let daarop ook nie as volk nie.

Die liedjie gaan oor die Boere en hoe die ANC dit ook wil beskryf, nie as Afrikaners nie. Op daardie basis kan hierdie saak vir die klaers verlore gaan. Ook oor die uitgangspunt van die klaers dat dit rasgedrewe is. Goosen se definisie is so wyd as die “Heer se genade.” Dit sluit ‘n klomp mense in wat uit die aard van die saak nie Boere is nie en dit nooit kan wees nie.

Daarmee het Goosen die dilemma van die Afrikaner ontbloot. Wie is die Afrikaner en wat is hy? Ons Boerevolk weet presies wie ons is. Ons is Boere op grond van ons afkoms en ons geskiedenis. Die feit dat ons Afrikaans praat en onder die Afrikaanse kultuur geplaas kan word is minder belangrik. Wat ons verskillend maak is die feit dat ons Boere-Republikeine is wat ons besig hou met die vryheidstryd van ons voorsate waarvoor hulle so duur betaal het. Dit is die verskil tussen Boer en Afrikaner. Om weg te dwaal en jou rug op jou Boerskap te keer is om jou erfenis te versaak.

Die verloopte Derek Hanekom, ‘n adjunk ANC-minister het ook getuig. Sekerlik as Afrikaner want hy is skaam om wit te wees!

Oor die jare het ek Danie Goosen se wegbeweeg van sy wortels aanskou. Sy pa was ‘n Boererepublikein in murg en been. Regs soos wat hy was en ten spyte van ‘n goeie en gesonde Boerehuis, het hy met sy geleerdheid, die pad gekies weg van die Boerevolk af. Eers met sy voorlegging in die dae van die Volkstaatraad waar hy gepleit het dat die rug op die “regses” gedraai moet word, tot vandag toe waar hy nie meer weet wie hy is of waar hy vandaan kom nie.

Jy behoort te onthou, Danie, want ek het dit by jou pa gehoor: “’n Gede­na­sio­nali­seerde Afrikaner is soos ‘n vlermuis ─ die voëls wantrou hom en die muise minag hom.” Kom huistoe!

Boers. Welkom, 1990

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee, Orde Boerevolk.
E-pos: piet.rudolph@gmail.com


Besoek gerus Orde Boerevolk se Webblad by:
https://sites.google.com/site/ordeboerevolk/