Die Boervolk van Suid-Afrika - Boere Republikeinse Verkiesingskommissie Afdruk
Donderdag, 16 Junie 2011 17:53

The only Volkstaat is Boerestaat

From freewebs.com

Hallo almal,
Vir diegene wat nie weet of hulle Boere is nie, heg ek hiermee die Afrikaanse weergawe van ‘n Engelse dokument aan wat ons ingehandig het by die VVO in Geneva gedurende 1995. Ek het toe ook die VVO toegespreek om aan ons Boervolk erkenning te gee as ‘n inheemse volk.

Die oorspronklike Engelse weergawe is ook beskikbaar indien enige iemand belangstel.

Gee gerus hierdie dokument aan enige persoon wat onduidelikheid het oor wat hy is, veral die Afrikaners. Menige van hulle wat hulself as Afrikaners beskou, besef net nie dat hulle eintlik Boere is nie. Die liberale media en die politieke dominees onder leiding van die geheime Broederbond het hulle oor dekades gebreinspoel om te glo dat hulle Afrikaners is en nie Boere nie. Hulle doel was om die identiteit van die trotse en gehate Boervolk te vernietig om ons meer aanvaarbaar te maak vir die liberalistiese regeerders van ons land.

Ek wil graag daarop wys dat die oorlog teen die Engelse, ook bekend gestaan het as die Boereoorlog, onder die bevel was van Boere Generaals, nie Afrikaner Generals nie.

Boeregroete,
Fred Rundle

 

DIE IDENTITEIT VAN DIE BOERVOLK

 

1. INLEIDING

1.1 Die internasionale wêreld het ‘n persepsie dat al die Wit mense in Suid-Afrika ‘n uniforme groep is; dat hulle ‘n eenheid vorm en dat hulle tot onlangs, gesamentlik verkies het om ander groepe onder die vaandel van apartheid te domineer. Hierdie is ‘n wanpersepsie, ‘n feitelike onakkuraatheid, geskep deur diegene wat êf die totale politieke mag in die land ten doel gehad het êf wat daarna gestrewe het om die enigste inheemse Wit bevolkingsgroep in die land, die Boervolk, in ‘n groter geheel op te geneem het om die Boervolk op daardie wyse te vernietig. Dit is daarom die doel van hierdie voorlegging om aan te toon dat daar Blankes in Suid-Afrika is wat nie deel vorm van die koloniale erfenis nie; wat dus nie deel is van die “Blanke Suid-Afrikaners” wat tot onlangs toe nog as die politieke muishonde van die wêreld beskou was nie. Hierdie groep mense is bekend as die Boervolk.

2. DEFINISIES

2.1 Volgens die Oxford Woordeboek, is die woord “inheems” ‘n byvoeglike naamwoord wat beteken “inboorling, behorende op natuurlike wyse tot die lands-bodem”, (uit die Latynse indigena). ‘n Inheemse volk is dus ‘n volk wat ‘n betrok-ke gebied bewoon en waar bewys gelewer kan word dat die volk in daardie spesi-fieke gebied ontstaan het, en nie afkomstig is van enige ander deel van die heel-al nie. Hierdie is ‘n uiters belangrike en beslissende definisie wat in gedagte ge-hou moet word wanneer die Blankes van die RSA se situasie geanaliseer word.

2.2 Alhoewel die internasionale wêreld reeds vir baie jare al verkeerdelik die Blankes van Suid-Afrika as ‘n enkele etniese groep beskou, is daar in der waarheid drie duidelik onderskeibare groepe, naamlik:

(i) die Engelssprekende Suid-Afrikaners,

(ii) die Afrikaners en

(iii) die Boere

2.3 Die onderskeid tussen hierdie drie etniese groepe, en in die besonder die laaste twee (die “Afrikaners” en die “Boere”) is van uiterste belang wanneer die regte van die Boervolk as inheemse volk bepaal word.

3. BLANKE SETLAARS

3.1 Alhoewel die eerste Blankes in 1652 aan die Kaap die Goeie Hoop geland het, het hulle nie hierheen gekom as setlaars nie. Hulle was Hollanders wat ‘n voorrade depot vir hulle skepe na en vanaf die Ooste, kom vestig het. Die eerste Blanke wat aan wal gestap het, Jan van Riebeeck, het Afrika kort daarna verlaat en nooit weer teruggekeer nie.

3.2 Kort nadat die voorrade depot ingerig was, was dit egter ‘n ander groep Europiêrs wat in die Kaap aangekom het, wat ‘n kern van ware setlaars in die WesKaap gevorm het. Hierdie setlaars het van verskeie Europese lande soos Holland, Duitsland, Frankryk en ‘n paar ander kleiner lande gekom het.

3.3 Baie van hierdie mense was afkomstig van Protestantse Kerkgenoot-skappe in Europa, en het as geestelike vlugtelinge hier aangekom. Hierdie golf van protestantisme het gelei tot die vestiging van ‘n sterk Protestantse etiek, insoverre, dat Protestantisme tot vandag toe die oorheersende Christelike geloofs-oortuiging in Suid-Afrika is.

3.4 Dit is hoe die Kaap onder Hollandse bewind daar uitgesien het. Hierdie bewind het egter al hoe meer outokraties en onuithoudbaar geword. Stadig maar seker het ‘n groep van hierdie setlaars, baie van wie reeds tevore moes vlug weens vervolging en dus ‘n tradisie van onafhanklikheid ontwikkel het, teen die Nederlandse koloniale bewind begin agiteer. Hierdie agtitasie het uitendelik die “Vryburger-beweging” tot gevolg gehad wat druk op die Nederlandse koloniale bewind uitgeoefen het om al groter onafhanklikheid te verkry.

3.5 Die Vryburgers was die eerste Blankes in Suid-Afrika wat deel was van die oorgangstadium vanaf setlaars na ‘n inheemse volk, gebore uit Afrika bodem. Toe die Vryburger-beweging begin het was baie van die mense reeds tot twee geslagte van Europa af verwyder. Dit was lede van hierdie gemeenskap wat uit die Kaap begin emigreer het, gemotiveer deur die begeerte om die juk van Nederlandse koloniale regering af te skud.

3.6 Hierdie agitasie teen koloniale bewind, kan beskou word as die eerste tekens van die enigste inheemse Blanke volk van Afrika. Dit is daarom weer eens uiters belangrik om in gedagte te hou dat die eerste anti-koloniale beweging in Afrika, die Blanke Vryburger-beweging was. Dit was die ontkiemingstadium van die Boervolk. Die pogings om kolonialisme te ontvlug was die oorsprong van die Boervolk.

3.7 Dit is egter ook so dat ‘n groot groep, eintlik die oorgrote meerderheid van die Blanke setlaars aan die Kaap, nie die Vryburger-beweging ondersteun het nie. Die meeste van hulle was heeltemal tevrede met die koloniale opset, en nog meer tevrede om onder die Nederlandse vlag te bly. Hierdie mense het die kern gevorm wat vandag bekend staan as die “Arikaner” - hoofsaaklik in die Kaap gebaseer. Hierdie groep word in hierdie voorlegging in detail behandel.

3.8 Die derde golf van Blanke setlaars het na 1820 in groot getalle in Suid-Afrika aangekom. Die Britse empire het teen hierdie tyd die Kaap gedurende die Napoleontiese oorloê in Europa begin betrek om die Oosterse Seeroete te beskerm. As gevolg van die Britse besetting van die Kaap, het ‘n groot getal Engelssprekende setlaars in die Kaap aangekom. Hulle het hulle taal, godsdiens en ander kulutrele opvattinge met hulle saamgebring.

4. DIE KAAP/NEDERLANDSE SETLAARS

4.1 Toe die Blanke bevolking aan die Kaap oor kolonialisme skeur - soos wat vroeêr aangedui is - het diegene wat die koloniale bewind wou ontvlug, uit die Kaap emigreer. Diegene wat egter geen nasionalistiese ideaal gehad het nie, het verkies om hulle bande met Europa te behou en in die Kaap agtergebly. Die mense wat agtergebly het, was uitsluitlik Nederlanders, en toe die Britte die Kaap begin betrek, was die Nederlanders ook heeltemal tevrede daarmee om getroue Britse burgers te word.

4.2 Diegene wat in die Kaap agtergebly het en onder die Boere wat hul onaf-hanklikheid nagestreef het, het bekend gestaan as die Kaapse Nederlanders (die “Cape Dutch”) ‘n simbool van hulle verbintenisse met Europa. Hierdie groep het getrou enige Europese koloniale bewind ondersteun en hewige weerstand gebied teen pogings van die vlugtende Boere om hul bande met die koloniale regerings te verbreek.

Hierdie groep het op alle vlakke van die samelewing met die Boere verskil, eers rakende hulle houding jeens kolonialisme en later selfs hulle taal. Dit is byvoor-beeld nie wyd bekend dat daar ‘n duidelike verskil in die praatstyl van die boer en die Kaap/Nederlands is nie.

4.3 Die hewigheid waarmee die Kaapse Nederlanders die Boere opponeer het was onderstreep toe die Boere uiteindelik uit die Kaaps/Nederlandse Hervormde Kerk ge-ekskomunikeer is toe hulle die Kaap verlaat het. Die koerant van de-styds, De Zuid-Afrikaan, was die eerste om die “rebelle” te verdoop “emigranten Boeren”, en vandaar die naam Boer.

4.4 Hierdie groep van Kaaps/Nederlandse setlaars het dus altoos die boere-gemeenskap se strewe na onafhanklikheid en anti-kolonialisme opponeer, en, tesame met die Britse setlaars, was hulle die koloniale meesters van Suidelike Afrika, en dit terwyl die Boere altoos probeer het om weg te beweeg van hierdie soort mentaliteit en stand van sake.

5. DIE ENGELSSPREKENDE SUID-AFRIKANERS

5.1 Nadat die Britte die eerste keer in 1795 die Kaap betrek het, het die Britte besluit dat Afrika gevoeg moet word by die steeds uitbreidende Britse Empire. Om hierdie rede het die Britse Regering betrokke geraak by die grootskaalse vestiging van Britse burgers in Suid-Afrika. Die eerste besondere groot vestiging was die koms van die Britse Setlaars in 1820. Hulle het hulle eerste in die Kaap gevestig en later ook in Natal .

5.2 Die Britte se koms na die Kaap is belangrik want dit het weer eens daartoe gelei dat die Boere, wat toe reeds aan die wegtrek was uit die Kaap weens hulle verset teen die Nederlandse bewind aan die Kaap, ook die Britte se koloniale bewind teengestaan het.

5.3 Die Boere se rebellie teen die Britse bewind in die Kaap het ‘n hoogtepunt bereik met ‘n gewapende rebellie in 1812/1813, bekend as die Slagtersnek Rebellie. Alhoewel hierdie rebellie gefaal het, het dit duidelik die verskil tussen die Boere en beide die Nederlands- en Engelssprekende Blanke setlaars, beklemtoon. Die Boere wou geen deel hê in kolonialisasie nie, terwyl die ander groepe bloot kolonialiste was en niks anders nie.

5.4 Die Britte se vestiging in Suid-Afrika het die tweede grootste etniese groepering van Blankes gevorm. Tot vandag toe nog het hulle hul Britse erfenis en aangetrokkenheid tot hul vaderland behou, tot selfs in soverre dat sommige van hulle vandag nog dubbele burgerskap het, of ten minste toegang het tot dubbele burgerskap - Suid-Afrikaans en Brits.

5.5 Hierdie Engelssprekende element het in sy oorgroter meerderheid van sy geskiedenis in Suid-Afrika, lojaal aan Groot Brittanje gebly, en boonop die Boere teengestaan in hul anti-kolonialistiese strewe. Die taal, kultuur en godsdiens van hierdie Britse setlaars vorm nog steeds ‘n belangrike deel van hul Europese vaderland.

6. DIE BOERE

6.1 Toe die eerste anti-kolonialistiese beweging onder die Nederlanders in die Kaap begin het, het die vurige Boere ook begin om die Kaap te verlaat in hul soeke na vryheid en onafhanklikheid. Hierdie mense het voortdurend verder en verder van die Kaap af weggetrek en het uiteindelik met die Nguni-trekkers, die Xhosas, kennis gemaak. Die Xhosas was terselfdertyd besig om suidwaarts te trek. Die kennismaking het plaasgevind in die gebied vandag bekend as die Oos-Kaap.

6.2 Die Boervolk- en die Xhosa-trekgeselskappe, het by die Visrivier ontmoet en ‘n wyle vertoef. In hierdie tydperk het die Britse Empire reeds die Kaap-kolonie betrek, en die Boere, wat reeds soveel opgeoffer het om hul Blanke Nederlandse koloniale meester te ontvlug, het hulself hierdie keer onder Blanke Britse oorheersing bevind.

6.3 Dit was vanuit die Oos-Kaap dat die eerste beweging van wat bekend geword het as die Groot Trek, ontstaan het. Die Groot Trek was in wese die emigrering, weg vanaf die Britse Empire - net nog ‘n bewys dat die eerste anti-koloniale beweging in Afrika, die Boere-beweging was, ‘n inheemse volk wat die oorheersing van ‘n Europese koloniale mag probeer ontvlug het.

6.4 Die hoofrede vir die Groot Trek was as gevolg van die Britse koloniale meesters wat probeer het om die Boere van die Kaapse grense probeer kolonia-liseer het. Daar was ander kleiner faktore ook, maar opsommenderwys kan gesê word dat dit die Boervolk se hartsbegeerte was om vry en onafhanklik van kolo-niale oorheersing te wees, wat aanleiding tot die Groot Trek gegee het.

6.5 Dit is van kardinale belang om daarop te let dat telkens wanneer na die Groot Trek verwys word, daar elke keer gesê word dat dit die “Boere” was wat aan die Groot Trek deelgeneem het. Daar was geen “Afrikaner” Groot Trek, en daar was ook geen “Afrikaner” Groot Trek Leiers nie, maar uitsluitlik Boere-leiers van die Groot Trek. Dit is ‘n verdere verwysing dat in hierdie vroeê stadium reeds die Boervolk ‘n eie identiteit ontwikkel het, ‘n identiteit afsonderlik van die van die Kaapse Nederlanders en die Engelse setlaars van die Kaap.

6.6 Die Boere het, omdat hulle onafhanklikheid nagestreef het, opgepak en noordwaarts begin uitwyk na wat vandag bekend is as die Oranje-Vrystaat, Transvaal en tot in Natal . Alhoewel daar verspreide groepe van die Nguni-sprekende volkere in hierdie gebiede gewoon het, veral in Natal waar die Zoeloes die gesag gevoer het, was die grootste dele van hierdie gebiede onbewoon weens ‘n uitdunningsproses vanweê inter-stam oorloê wat volgens oorlewering uit die geledere van die Zoeloe koning Tsjaka begin is.

6.7 Die eerste Boere-beweging in Natal het gepoog om met die Zoeloe-koning, Dingaan te onderhandel. Hierdie pogings om met die Zoeloe oor grondgebied te onderhandel, het gefaal en die Boere-leiers is vermoor.

6.8 Die Zoeloe-leier was egter verslaan in ‘n veldslag wat later bekend geword het as die Slag van Bloedrivier in 1838. Die eerste Boere-republiek is kort daarna in Natal gevestig.

6.9 Alhoewel die Boere in werklikheid reeds lank voor die Slag van Bloedrivier hul eie identiteit gevestig het, is die Slag van Bloedrivier deur die Boere as die simboliese geboorte van die Boervolk beskou, veral omdat die Boere hul oorwin-ning by Bloedrivier aan ‘n Goddelike ingryping toegeskryf het. Ingevolge die Ver-bond wat die Boere voor die Slag van Bloedrivier met God gesluit het, is belowe dat die betrokke dag as ‘n heilige dag gedenk sou word, maar groter nog, dat hulle vir die Here ‘n “Huis sou stig”, beteken in Bybelse terme, ‘n Volk sou stig.

6.10 Die Boere het daarna opnuut onderhandelinge met die Zoeloes aange-knoop. Die nuwe Zoeloe-koning, Mpande, het toegestem dat die Boere ‘n deel van Natal kon betrek. Uit hierdie gebeurtenis is dit weer eens duidelik dat selfs in hierdie vroeê stadium het die Boervolk reeds erkenning as inheemse volk geniet. Die Boerevolk was nie as ‘n koloniale mag beskou nie. As die Boervolk nie as inheemse volk beskou was nie, bloot as ‘n verlengstuk van die Europese kolo-niale magte, dan sou die Zoeloes sekerlik nie met die Boervolk ‘n ooreenkoms aangegaan het nie. Die Zoeloes sou verkies het om direk met die Europese magte te onderhandel het.

6.11 Maar, die Britse Empire wou steeds die Boere kolonialiseer en het daarom in 1840 Natal annekseer. Na ‘n paar ligte veldslae teen die Britte, het die Boere oplaas weer ‘n keer opgepak en Natal verlaat. Hulle het net ‘n klein groepie Boere in Noord Natal agtergelaat.

6.12 Die Boere uit Natal het daarna by hul volksgenote in die Oranje-Vrystaat en Transvaal aangesluit. Die Boere in die OVS en Transvaal was toe ook reeds op pad na volkstatus. Alhoewel daar in daardie stadium ook ander volkere in hierdie dele gewoon het, het hulle die Boere as inheemse volk aanvaar, nogtans het ‘n paar grootskaalse botsings tussen die boere en sommige van hierdie ander volkere plaasgevind. Sulke botsings het gewoonlik gehandel oor veediefstal of weiding, probleme wat eintlik as normaal beskou word vir inheemse volke om oor te stry.

6.13 In 1852 was die Britse Empire uiteindelik gedwing om self die Boere se onafhanklikheid tydens die Zandrivier Konvensie te erken. Die jaar 1852 is onge-twyfeld die besliste erkenning ingevolge die Internasionale Reg van die Boere as ‘n inheemse volk. In daardie vroeê stadium is nie net een nie, maar twee onaf-hanklike Boere Republieke deur die wêreld erken. Die Boere se erkenning was ‘n kontraktuele verbintenis, net soos wat dit in die geval van enige ander inheem-se volk sou wees. Die eenvoudige feit dat die Britse koloniale meester hierdie toedrag van sake aanvaar en onderskryf het, toon dat selfs die Europese magte die Boere se onafhanklikheid erken het, en dat hulle ook aanvaar het dat hierdie vrye volk uit Afrika ontspring het en nie een of ander koloniale eksperiment nie.

6.14 Intussen het die Boere hul eie kultuur en taal ontwikkel. Feit is dat die taal wat deur die Boervolk gebesig word, een van die nuutste tale in die wêreld is. Dit is ‘n taal uitsonderlik van enige Europese taal en baie van die woordgebruik se oorsprong is in Afrika te vinde en nie in enige Europese taal nie. Taalkundig dan is die taal van die Boervolk in Afrika geskep. Dit is net nog ‘n bewys dat die Boere en hul kultuur inheems aan Afrika is en nie ‘n koloniale invoerproduk nie.

6.15 Dit is ook van uiterste belang om kennis te neem dat toe melding gemaak is van die onafhanklike republieke, daar altyd verwys is na die “Boere” republieke en nooit na die “Afrikaner” republieke nie. Dit dien dus as bewys dat die Boere ‘n afsonderlike identiteit as die Kaaps/Nederlanders gehad het. Hierdie afsonderlike identiteit was bevestig ingevolge die Internasionale Reg by die Zandrivier Kon-vensie in 1852.

6.16 Alhoewel die Boere gemeen het dat hulle uiteindelik vryheid gevind het weg van kolonialisme, was hulle verkeerd. Die Britse Empire het nog twee aanslae geloods om die Boere te kolonialiseer en die tweede keer was die Britte suksesvol.

6.17 Die eerste aanslag om die Boere te kolonialiseer was met die besetting van Transvaal deur ‘n klein Britse kontigent in 1877. Hierdie voorval het direkte aanleiding gegee tot die Eerste Anglo Boere-oorlog (let weer daarop dat reg deur die geskiedenis word gepraat van die “Anglo Boere-oorlog” en nie die “Anglo Afrikaner-oorlog” nie) en teen 1881 is die Britse magte tot so ‘n mate deur die Boere verslaan dat die Britte weer gedwing was om die Boere republieke te erken. Hierdie stap het amptelike erkenning by die Londense Konvensie van 1884 verkry. Dit was die tweede keer dat die Boervolk ingevolge die Internasionale Reg erkenning as inheemse volk geniet het.

6.18 Dit is ‘n prikkelende gedagte vir die mense van die 1990’s om te besef dat die eerste vryheidsoorlog teen ‘n koloniale meester in Afrika, juis deur die Boere teen die Blanke Britse kolonialiste geveg was - en dit boonop dekades voordat enige Swart vryheidsoorloê geveg was. Daar kan selfs geredeneer word dat alleenlik ‘n inheemse volk ‘n vryheidsoorlog kan regverdig. Nogtans is dit net weer ‘n keer ‘n bewys dat die Boere ‘n inheemse volk is.

6.19 Die tweede poging deur die Britte om die Boere te kolonialiseer, het tot die Tweede Anglo Boere-oorlog in 1889-1902 aanleiding gegee (Weer moet daarop gelet word dat dit die Anglo Boere-oorlog was en nie die Anglo Afrikaner-oorlog nie). Hierdie oorlog het gelei tot die ontwikkeling deur die Boere van die metode van gorilla-oorlogvoering. Dit is sedertdien deur vryheidsbewegings reg oor die wêreld gebruik. Alhoewel die Boere soos helde teen die oormag geveg het, het die Britte ‘n wrede en tot nou toe onbekende wyse van oorlogvoering gebruik -- hulle het die Boer-vroue en kinders bymekaargemaak en hulle in konsentrasie-kampe reg deur Suid-Afrika ingeperk. In hierdie konsentrasiekampe het sowat 27 000 vroue en kinders gesterf weens geregtelike teregstellings, hongersnood en mishandeling. Sowat 20% van die Boere-bevolking is op diê wyse uitgewis.

6.20 Teen sulke onmenslike optrede kon die Boere nie veg nie en uiteindelik het die Britte daarin geslaag om die Boere in 1902 te kolonialiseer, toe die Verdrag van Vereeniging, wat ook die einde van die Tweede Anglo Boere-oorlog was, onderteken is. Maar, selfs in hulle nederlaag, het die Boere steeds erken-ning ingevolge die Internasionale Reg, ervaar.

6.21 Die houding van die Kaaps/Nederlanders en die Engelse setlaars tydens hierdie oorlog, lewer ook verdere bewys dat hierdie twee groepe hulself nie met die Boervolk geassosieer het nie. Alhoewel ‘n paar Kaaps/Nederlanders wel die wapen opgeneem het en aan die kant van die Boere geveg het (hulle het gou as die “Kaapse Rebelle” bekend gestaan en was aan ernstige strawwe onderworpe as hulle gevang was) het die oorgroter meerderheid van die Kaaps/Nederlanders en die Engelse setlaars in die Kaap en Natal die Britse kolonialisering van Suid-Afrika gesteun. Dit het in daardie tydvak ook die kolonialisering van vandag se Botswana, Zimbabwe, Zambia en gebiede verder noord, ingesluit.

6.22 Die Verdrag van Vereeniging het dus beteken die onderwerping van die Boere aan die Blanke Europese koloniale meesters - ‘n lot wat ‘n menigte ander inheemse volkere te beurt geval het, en dit, terwyl die Britte en ander Europese empires steeds Afrika en ander wêrelddele as hul eie persoonlike besitting beskou het. Die Boere se geval was egter uniek daarin dat hulle die enigste Blanke inheemse volk was wat aan koloniale gesag onderwerp is - ‘n volk wat deur die Britse Uitsaaikorporasie genoem is “Die Wit Stam van Afrika”.

7. DIE “AFRIKANERS”

7.1 Aan die einde van die Tweede Anglo Boere-oorlog was daar dus drie sterk onderskeibare etniese groepe onder die breê spektrum van die Blanke bevolking in Suid-Afrika:

(i) die internasionaal erkende inheemse Boerevolk;

(ii) die Kaaps/Nederlandse Setlaars, trou aan die Britse Empire en

(iii) die Engelssprekende Wit setlaars, wat ook trou aan die Britse Empire was.

7.2 Die Britse Empire het besef dat hulle die Boere vir eens en vir altyd onder beheer moes kry en ‘n plan is toe bedink om die Boere Republieke te neutraliseer - ‘n plan om ‘n soort “eenheid” tussen die Boere en die ander twee Wit segmente in die Britse kolonies in Suid-Afrika te bewerk.

7.3 Die nasionale konvensie van 1908, was die breinkind van die Britse mees-ters van Suidelike Afrika. Hulle het gesorg vir die skepping van die Unie van Suid-Afrika. Hierdie unie het bestaan uit die voormalige Kaap Kolonie, die Natal Kolonie en die twee voormalige Boere Republieke.

Hierdie unie was nie bloot ‘n geografiese “gerief” nie, maar ‘n doelbewuste plan om te probeer om die Boere, wat onafhanklik wou wees, te vermeng met die Kaap-Nederlanders en die Engelse setlaars.

7.4 Dit is noodwendig dat mens daarop moet let dat die Britse empire hierdie tegniek van hulle ook in ander dele van Afrika toegepas het, soos onder meer Nyassaland (Malawi), Noord-Rhodesiê (Zambiê) en Suid-Rhodesiê (Zimbabwe).

7.5 Die voorste verteenwoordiger van die Britse Empire in Suid-Afrika, Sir Alfred Milner, het dit so gestel: “Die nuwe taktiek (om die Boere te onderwerp) moet wees om die onderskeie gebiede van Brits Suid-Afrika te konsolideer in een nasie. Alhoewel die konsolidering aanvanklik die Boere in politieke beheer van die ganse Suid-Afrika sal plaas, sal dit, ironies genoeg, uiteindelik tot hulle val lei”.

7.6 Dit is natuurlik presies wat gebeur het, maar nie voordat ‘n nuwe naam vir die nuwe “nasie” waarvan Milner gepraat het, ontwikkel is nie. Hulle sou nie daarmee voortgaan om die nuwe nasie ‘n “Boere-staat” te noem nie want die Boere was toe ‘n onderwerpte volk. Hulle kon dit ook nie ‘n Kaaps/Nederlandse staat noem nie want die Nederlandse kolonialiste was toe reeds Britse kolonia-liste. Om ooglopende redes kon dit ook nie ‘n Britse staat genoem word nie. Die antwoord was in ‘n algemene term en so is die inwoners van die nuutgevonde unie “Afrikaners” genoem. Alhoewel die woord einlik “African” (Swartmens) beteken, is dit deur ‘n groep Kaaps/Nederlandse propagandiste onder SJ du Toit in 1880 in literatuurwerke verpolitiseer (Dit was ook dieselfde jaar waarin die Boere die wapen teen die Britse kolonialiste opgeneem het).

Dit was toe dat besluit was om die Boere, die Kaaps/Nederlanders en die Engels-sprekende Wit bevolkings te vermeng en hulle tot die versamelnaam “Afrikaners” te verdoop in plaas daarvan om na al drie volgens hul etniese grondslae te ver-wys het.

7.7 Dit is dan hoe die wêreld begin hoor het van “Afrikaners”, alhoewel daar net 80 jaar gelede, nog nie so ‘n woord in die internasionale woordgebruik was nie.

7.8 Deur die Boere in die Unie van Suid-Afrika in te dwing het die Britte die Boere mede-verantwoordelik gemaak vir die beleid van rasse-segregasie, ‘n beleid wat natuurlik deur die Britse koloniale regering gemaak en in wetgewing vervat is.

7.9 Die nuwe “Afrikaners” - in der waarheid eintlik ‘n koalisie van die drie Wit groeperinge - het hulle bes probeer om die rasse en geografiese nalatenskap van die Britse koloniale tye te handhaaf. Dit was as gevolg van hierdie ramp, dat die beleid van Apartheid ontwikkel is.

7.10 Dit is van kardinale belang om daarop te let dat die Boere, wat onwillig in die Uniewording van Suid-Afrika ingesleep is, by die eerste beste geleentheid probeer het om hulself te bevry. Dit is wat gelei het tot die 1914 Boere rebellie, wat geêindig het toe sekere generaals uit die Boere-era doodgemaak of in tronke gestop is deur die pro-Britse Unie van die Suid-Afrikaanse regering.

7.11 Dit is dus onregverdig van die internasionale wêreld om die “Boere” te beskou as die mense wat verantwoordelik is vir dit wat in Suid-Afrika plaasgevind het in die tweede deel van die 20e eeu. Die Boere was net soveel slagoffers van die koloniale magte as wat menigte ander inheemse volk in Suid-Afrika was.

7.12 Milner se woorde (soos in 7.5 hier bo) is bewaarheid. Deur die Boere in die valse Unie-wording van Suid-Afrika in te gedwing het, is die Boere gedwing om hulle aan die breê Suid-Afrikaanse Britse kolonie te onderwerp.

8. ‘N INHEEMSE VOLK

8.1 Die valse Unie-wording van Suid-Afrika was ‘n berekende poging om die oorspronklike Bitse beleid van rasse-segregasie in Suid-Afrika te laat geld en verder uit te bou om uiteindelik te gelei het tot die 1994-verkiesing en die bewindsoorname van die African National Congress.

8.2 Die bewindsverandering beteken egter glad nie dat die onderliggende redes vir die val van die Unie van Suid-Afrika (later die Republiek van Suid-Afrika), uit die weg geruim is nie. Daardie redes bestaan steeds, en dit is die realiteit dat daar verskeie etniese groepe, inheemse volkere, in die groter Suid-Afrika is wat almal stry om hul eie geografiese gebiede en leefruimte.

8.3 Die Boervolk is een van hierdie inheemse volkere. Die Boervolk het nie verdwyn nie. Die Britse Empire het probeer om die Boere uit hulle volkskap te manuvreer, maar in werklikheid het hulle nie daarin geslaag nie.

8.4 Die bestaan van die Boervolk het niks in gemeen met rassisme of apart-heid nie. Die Boervolk het bestaan lank voordat daar Apartheid was. Die Boere-volk is ‘n goed gevestigde inheemse volk wat die eerste anti-koloniale vryheids-oorloê in Afrika geveg het. Dit het geen verskil gemaak dat die kolonialiste ook Wit was nie. As die Boere, volgens die wêreldmening, eenvoudig net “wit ras-siste” was, dan sou die Boere nooit die wapen teen Wit kolonialiste opgeneem het nie!

8.5 Die feit dat die Boere onderwerp was, neem hoegenaamd nie die feit weg dat die Boere ‘n eie volk is nie. Die Boervolk het sy eie unieke geskiedenis, sy eie tradisies, feesdae, politieke dispensasie, politieke filosofie, hulle het hul eie grondgebied gehad (Staat), eie simbole, eie vlae, eie volksliedere, ens. - EN DIT ALLES HET UIT DIE AFRIKA BODEM ONTWIKKEL! Die Boervolk is dus ‘n ware inheemse volk, en dit in kontras met die ander twee Wit etniese groepe in Suid-Afrika, wat self niks nuuts of oorspronklik ontwikkel het nie, maar trou gebly het aan die koloniale meesters se embleme en tradisies.

8.6 Die Boere vra nie om ‘n Staat of gebied vir die “Blankes” van Suid-Afrika nie. Dit is ‘n klug waarmee weggedoen moet word vir eens en vir altyd. Al wat die Boere wil hê is ‘n eie onafhanklike gebied, net soos wat hulle gehad het voordat die Wit kolonialiste hulle van vervreem het. Niks meer nie en niks minder nie, word vereis. Ons herhaal: Hierdie het niks met rassisme of ras te doen nie. Hierdie is eenvoudig die begeerte van ‘n inheemse volk om hulself te wees en hulself in hul eie geografiese gebied te regeer.

9. OPSOMMING

9.1 Die Boervolk onderskryf die 45 Artikels van die Konsep Deklarasie van die Verenigde Nasies se Sub-Kommissie oor die Regte van Inheemse Volkere ten volle en is bereid om ‘n ondersteunende rol te speel om daardie ideale erken te kry vir wie ook al daarvoor kwalifiseer.

9.2 Die Boervolk is die enigste Wit faksie in Suid-Afrika wat die status van “inheemse volk” regverdig en na regte dus soewereine self-regering binne ‘n eie geografiese gebied mag opeis.

9.3 Die Boere Verkiesingskommissie is in 1995 in die lewe geroep om pogings te koördineer om te verseker dat demokraties verkose Boere verteenwoordigers in plek geplaas kan word om in enige forum met gesag namens die Boervolk te kan praat en handel. ‘n Afgevaardigde van die Boere verkiesings raad en die latere Volksraad na byvoorbeeld die VN, sal daarom altyd ‘n demokraties verkose verteenwoordiger van die Boerevolk wees, en nie van ‘n politieke party nie.

9.4 In hierdie stadium is dit onseker wanneer die eerste Boerevolk verkiesing sal plaasvind, maar oorweging word daaraan gegee om intussen ‘n interim verteenwoordigende liggaam daar te stel.