Boer-identiteit Afdruk
Sondag, 17 Julie 2011 14:22

Proudly BoerAs iemand my vra of ek ‘n lid van die Boervolk is of ‘n Afrikaner is, is my antwoord, ek is ‘n lid van die BOERVOLK. Ons kan se wat ons wil maar die geskiedenis maak ‘n duidelike skeiding tussen die Boervolk en die Afrikaner. Vandag baklei almal oor die verskillende benamings. Die Boervolk stry vandag vir die 17+ Boere Republieke wat bestaan het met die uitbreek van die Anglo Boereoorloe. In hierdie tyd het die Engelse die Boere Republieke van die Transvaal en Oranje-Vrystaat aangeval. Eintlik het hulle net die Transvaal aangeval en deur die verdrae wat bestaan het tussen Transvaal en Oranje-Vrystaat was die Vrystaat verplig om in tyd van oorlog die Transvaal by te staan. Die Afrikaners wat in daardie tyd in Natal en die Kaap provinsie gebly het, het so deur die oorlog neutraal gebly en was nie deel van die oorlog nie. Of was hulle? Hulle het die Engelse gehelp en daar die benaming “Joyners” en “Hanskakies” gekry. Na die oorlog is die boerekrygers na verskeie plekke as krygsgevangenis geneem. In die tyd het die mense van Suid-Afrika en die Engelse vrede begin praat en so op die Unie van Suid-Afrika en later die Republiek van Suid-Afrika besluit. Die hele land is ingelyf deur die “Fat-Cats” van die Kaap en Natal. Die soustrein soos ons dit vandag ken. Siener van Rensburg het gese hy sien die “Boer met die Engelse hart” gaan ons nog help. Enige persoon wat homself saam met die Vryheids stryd, vandag, saam met die Boervolk skaar is in sy hart ‘n Boer, ‘n lid van die Boervolk, in my oe. In die geskiedenis is daar, soos verder in hierdie dokument bespreek baie buitelanders wat aan die Boervolk se kant was, tydens die oorlog. Lees eers die res van hierdie dokument en dan besluit jy wat jy wil wees. Wil jy bekend staan as die Boervolk of as ‘n Afrikaner? Ek gee nie om nie solank jy, soos ek die witman hier in Suid-Afrika noem, ‘n EURO-Afrikaner is en die Vryheids idiaal na strewe, is jy aan my kant. Soos die Neggers in Amerika homself die African-Amerikan noem so my benaming vir die witman hier in Suid-Afrika. Die Engelse het die Boervolk amper uitgewis in die Moordkampe, wat was die deel wat die Natalers en Kaapenaars gehad het in daardie stryd? Ons kan dit nie weg wens nie dit is deel van die geskiedenis van hierdie land van ons, en ja, jy het reg gehoor, hierdie land van ons. Dit was ons voorvaders, omtrent 2 geslagte terug wat hierdie misdade gepleeg het. Net soos die Duitsers van vandag kan vandag se Duitsers nie verantwoordelik gehou word vir wat in die 2de wereld oorlog gebeur het nie. Ons moet saamstaan of ons gaan saam dood, hier in Suid-Afrika, die land wat ons noem ons land. Net kortliks wil ek julle inlig wie en wat ek is. As enige iemand dit wil gaan opsoek kan hulle in die Pretorius familie boek vanaf 1600 tot 1900 gaan opsoek. Ek is die afstammeling, direk vanaf Andries Pretorius. My Ma en Pa is altwee Pretorius’e. 2 van my Pa se Pa se broers was voelvry verklaar gewees omdat hulle, hul vroue en kinders uit die moordkampe gesteel het. My Ma se Pa was as 14 jarige seun in St. Helena as krygsgevangene aangehou gewees. Vandag staan ons die dood in die oe en ons baklei oor wie ons is. Ons moet liewer baklei teen wat teen ons is. Ons moet ons sondes van ons en ons voorvaders erken en dit nie vergeet nie, sodat ons dieselfde sondes nie weer sal pleeg nie.
Kinders van die Anglo-Boereoorlog (1899-1902): Haasbekkies en penkoppe: Bloedjong martelare van een van die somberste hoofstukke in die SA geskiedenis: Hoogste offers van die kinderhelde: Die Anglo-Boereoorlog van iets meer as 100 jaar gelede het groot offers van Suid-Afrikaners van verskillende rasse geverg, nie die minste nie die kinders. Terwyl 1000 jong kinders tragies in die konsentra¬siekampe moes sterf, het heelparty melktand-tienerseuns destyds die wapens opgeneem om sy aan sy met Pa en Ouboet “die Kakies te gaan skiet”. Sekere van hulle het klaarblyklik nie altyd die gevare besef nie. En soms moes hulle in hul jeugdige voortvarendheid ook die hoogste tol betaal. Dit was die oorlog van die hardebaarde, van waagmoed en onverskrokkenheid. En van dood en lyding. Die sou die oorlewende stryders op die slagveld soos manne aanvaar, soos dit sedert onheuglike tye in elke oorlog gedoen word. Maar hierdie oorlog was ook die oorlog van die kinders, selfs van babatjies en haasbekkies, met 1000 kindergraffies, ry op ry, tussen die soetdorings op die Hoëveld. Volgens baie geskiedkundiges was die berugte konsentrasiekampe destyds die Britte se manier om ‘n einde aan die voortslepende oorlog teen die Boere-guerrillas te probeer maak, al sou hulle ook ander redes aanvoer waarom dit nodig sou wees om die kampe op te rig. Die plan sou wees om die Boere se moreel te breek deur hul vroue en kinders, bejaardes en ander afhanklikes na kampe in die veld weg te voer, waar hulle in die haglikste omstandighede gewoon het. Van die 118 000 Boeremense wat in die konsentrasiekampe was, is byna 28 000 oorlede. Trouens, ‘n hele geslag potensiële Afrikaners is uitgewis, altesaam 22 074 Boerekinders en 4182 Boerevroue, terwyl nog sowat anderhalf 1000 mans (meestal bejaardes) in die kampe omgekom het. Daar is al bereken dat daar vandag nagenoeg 600 000 meer Afrikaners kon gewees het as dit nie vir die sterftes in die konsentrasiekampe was nie. Die kampbewoners, veral die kindertjies, het binne maande tot lewende geraamtes weggeteer. Die swak sanitere geriewe in die nagenoeg 50 kampe het tot die uitbreek van epidemies gelei, waarvan ‘n masels-epidemie die dodelikste was. Maar dit was nie net in die konsentrasiekampe waar destyds van kinders verwag is om aktief by die oorlog betrokke te wees nie. Daar was ook die sogenaamde penkoppe. Kragtens die kommandowette van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) en die Oranje-Vrijstaat was manlike burgers dienspligtig vandat hulle 16 jaar oud geword het. Dog reeds in die eerste maande van die oorlog was daar penkoppe jonger as 16 jaar in die kommando’s. Tog was dit veral in die laaste fase van die oorlog, die guerrilla-fase, toe die Boere meestal in hul eie distrikte geveg het, dat bloedjong seuns hulle te velde by hul vegtende pa’s en ouer broers aangesluit het. Die woord penkop vir hierdie melktand-tieners op kommando is heel waarskynlik ontleen aan dieselfde naam vir ‘n bulkalf wat pas horings gekry het. Min is nog werklik daaroor geskryf, maar in die boek Penkoppe van die 2de Vryheidsoorlog deur Pets Marais (uitgegee deur J.P. van der Walt) word insiggewend vertel van die nogal merkwaardige bydrae van sekere van hierdie onverskrokke seuns in die oorlog. Nie dat hulle in hul kinderlike voortvarendheid altyd die gevare besef waaraan hulle hulle blootgestel het nie. So word vertel van ‘n 13 jarige seun wat op ‘n donkie aangetref is met ‘n Martini-Henry-geweer by hom. Toe aan hom gevra is wie hy is en waarheen hy op pad is, het hy lakoniek geantwoord: Ek is Jooste. Ek gaan Engelse skiet. Van oral oor het sulke jong seuns hul pad na die onderskeie kommando’s gevind. ‘n Russiese verpleegster wat haar waarnemings opgeteken het, het onder meer geskryf: Ek het persoonlik by 14 Strome met 12 jarige seuns kennis gemaak wat agter hul pa’s aan van die huis af weggeloop het en dadelik in die gevaarlikste plekke ingedons het. Weliswaar het hulle baie maal net as agterryers die perde opgepas, maar ander kere sou hulle weer die grootste durf openbaar. Daar word byvoorbeeld vertel van ‘n agterryertjie met die bynaam Gesiggie wat eenkeer met 4 Engelse soldate by sy Boerelaer aangekom het. Hy het hulle gevang waar hulle weggekruip het. Toe aan hom gevra is hoe hy dit reggekry het, het hy geantwoord: Ek het hulle omsingel! Tog het baie penkoppe in gevegte gesneuwel. By genl. Christiaan de Wet was byvoorbeeld ook penkoppe toe hy die keer vir pres. M.T. Steyn van die Vrystaat moes begelei om te keer dat die president in Engelse hande beland. Een van die kinders wat in hierdie gevegte dood is, was slegs 13 jaar oud. Nog een wat gewond is, was selfs jonger. Maar die president se veiligheid is gewaarborg en die Engelse het hom toe nooit gevang nie. En dan was daar byvoorbeeld ook die jong Kosie Briedenhahn wat kommandant J.H. Visser se lewe gered het, maar in die proses self deur ‘n Britse koeël gedood is. Die jong seuns het gou geleer dat die lewe op kommando dikwels bitter moeilik kon wees. Kos en water was skaars terwyl ‘n geveg aan die gang was. Op ‘n keer is 14 dae aanmekaar aan die Natalse front geveg, waartydens die kommando’s slegs 10 maaltye kon geniet. En die het meestal net uit droë brood of beskuit bestaan, met water pleks van koffie daarby. ‘n Hele klomp van die seuns het eindelik saam met volwasse Boere-krygers in krygsgevangenekampe beland. Hulle is selfs na kampe soos die op Bermuda, St. Helena en in Indië gestuur. Dikwels het hulle nog met waentjies gespeel het terwyl die ou manne die tyd op meer volwasse maniere verwyl het. Maar in hul jong fase van storm en drang het hulle geweet van hul plig teenoor hul land, iets wat straks vir die kinders van vandag ‘n groot les inhou oor patriotisme.
Europese Hulporganisasies en Vrywilligers tydens die 2de Vryheidsoorlog (1899 - 1902): Europa se opvatting oor die Boere voor en tydens die 2de Vryheidsoorlog moet onderskei word van eerstens die sienswyse van die Europese regerings en tweedens die beskouings van die Europese volkere. Geeneen van die Europese magte, dit wil sê Duitsland, Oostenryk-Hongarye, Frankryk of Rusland wou offisieel aan die Boere hulp verleen nie, en glad nie met wapens aan hulle se kant in die konflik intree nie. Heeltemal anders moet die houding van die Europese volkere gesien word. Hulle het de facto hulde betoon aan die Boerevolk. Daar was ‘n alles omvattende simpatie vir die Boere. Nie net uit ‘n morele oogpunt nie maar ook prakties. Dus het in die meeste Europese lande hulporganisasies die lig gesien, wat die volk ondersteun het.
Duitsland: Daar was baie organisasies en verenigings wat hulself aan die Boere gebind het bv. Deutsches Rotes Kreuz, Deutsche Kolonialgesellschaft, Allgemeiner Deutscher Sprachverein en Deutscher Burenhilfsbund. Die belangrikste van hierdie organisasies was die Alldeutsche Verband gewees. Die het lesings aangebied met vooraanstaande verteenwoordigers van die Boerevolk bv. Andries de Wet en W L Jooste. Teen 1902 het die Alldeutsche Verband al 600 000 Duitse Mark vir die Boeresaak ingesamel. Met die groot bedrag is sowel Boerekrysgevangenes as konsentrasiekampgevangenes en hul families ondersteun. Ook van groot betekenis was die Deutsche Centrale für Bestrebungen zur Beendigung des Burenkrieges, ‘n pasifistiese beweging wat deur baie bekende persoonlikhede ondersteun is. Hulle het binne ‘n kort tydsbestek 200 000 handtekenige ingesamel om die strewe te dokumenteer om die oorlog te beëindig. ‘n 3de belangrike hulporganisasie was die Deutsche Buren-Centrale onder leiding van die skrywer en geleerde Gustav Böhmer. Hulle het onder ander 32 ton skoene, klere en komberse na die Boererepublike gestuur!
Nederland: Onder die groot aantal Nederlandse hulporganisasies (Amajuba Comité te Den Haag, Beschermings-Comité der Vereeniging Helpt Elkaar te Den Haag, Algemeen Nederlandsch Verbond, Nederlandsch Comité voor Transvaal en baie meer) was die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereeniging die belangrikste. Tot Augustus 1901 het die organisasie 1,3 miljoen Gulde ingesamel en aan die Boere besikbaar gestel. By die vereniging betrokke was die Perskantoor in Dordrecht. Sy hooftaak was om deur middel van persberigte die Nederlandse bevolking se aandag op Engelse gruweldade te vestig.
Frankryk: In Frankryk het die hulporganisasies hul taak hoofsaklik gesien in die verpleging van siekes en die versorging van gewondes. Die belangrikste was die Association des Dames Fransaises (Assosiasie van Franse Dames) en die Union des Femmes de France (Unie van Frankryk se Vroue). Hulle het kos en geneesmiddels en ook ‘n volledige toerusting vir ‘n veldhospitaal Pretoria en Johannesburg toe gestuur.
Ierland: Die grootste onder die Ierse ondersteuningsbewegings vir die Boere was die Irish Transvaal Committee. Die was ook een van die radikaalste in Europa. Tydens indrukwekkende opmarse het militêre orkeste gespeel. Gedurende hul massa-optogte van tienduisende mense het hulle die Ierse solidariteit met die Boere onderstreep. Na die eerste paar dae na die uitbreek van die oorlog het daar in Dublin amper burgeroorlog ontstaan. Honderde geboue en mure was beplak met plakkate van die Irish Transvaal Comittee: Enlisting in the English Army is Treason to Ireland!
Wat hierdie Europese bewegings almal gemeenskaplik gehad het, was benewens ‘n sterk anti-Engelse houding, veral ‘n diep gewortelde simpatie vir die Boere wat beskou is as ‘n klein nasie wat ernstig deur ‘n wêreldmoontheid geteister en bedreig is. Kort voor en onmiddellik na die uitbreek van die oorlog het die buitelanders wat in die Boererepublike gebly het, hulle met die Boere vereenselwig en vrywilligerkorps gestige, ek sê bewustelik nie uitlanders nie omdat ons in die Suid-Afrikaanse geskiedenis onder die term hoofsaaklik diegene groepeer wat feitlik Britse onderdane was, wat veral in die goudmynbedryf in die ZAR betrokke was en wat deur die Britse Kroon as voorwendsel gebruik is om Britse inmenging in die politieke van die Boererepublieke te regverdig. Die buitelandse vrywilligers was nie genaturaliseerd nie, hulle het nie burgerskap van die Boererepublieke gehad nie en was dus nie verplig tot diensplig nie. Hulle is nie gedwing om by Boerekommando’s aan te sluit of om eie militêre eenhede in die lewe te roep nie. Hulle het vrywillig by die stryd ingeskakel en die slagvelde betree. Kwaadaardige kritici beweer dat hiedie vrywilligers huursoldate was. Dit is glad nie van toepassing nie! Geen vrywilliger het geld vir sy dienste ontvang nie. In teendeel, hulle het hul reis en hul onderhoud uit hul eie sak gedra of is finasieel ondersteun deur die verskeie Europese hulporganisasies. Die Boererepublieke het nooit die Europese vrywilligers betaal nie. Die internasionale vrywillige eenhede was alles behalwe homogeen. Onder hulle was boere en soldate, mynwerkers en goudgrawers, onderwysers en geneeshere, Duitse grawe, Franse beroepsoldate, Russiese politici, Ierse revolusionêres, Nederlandse advokate en Skandinawiese fortuinsoekers. Meestal word in die literatuur die totale aantal Europese vrywilligers wat aan Boerekant geveg het, as ongeveer 2 000 aangegee. Dít is net ‘n naastenbye saktting. Volgens die amptelike Britse statistiek het 2 110 “foreign elements” saam met die Boere geveg. Die Ierse oorlogskorrespondent Michael Davitt skryf in sy boek The Boer fight for freedom van ten minste 3 700 mense. Navorsing aan die Oorlogsmuseum in Bloemfontein het aan die lig gebring dat daar nie minder as 5 000 Europese vrywilligers betrokke was nie. Die werklike aantal vrywilligers sal nooit akkuraat kan vasgestel word nie. Daar was nie werwingskantore wat oor noukeurige lyste beskik het nie. Gevegseenhede is deurlopend gestig, onderverdeel, ontbind, herenig, ensovoorts. Op grond van my eie navorsing neem ek aan dat daar meer as 3 000 Europese vrywilligers aan die Boerekant geveg het, maar net ‘n klein deeltjie van hulle het ook aan die 2de fase van die oorlog deelgeneem. Verder is dit belangrik om te vermeld dat daar nooit suiwer Europese of suiwer Boere-eenhede was nie: So het die Nederlander Henri Slegtkamp eers by die Duitse Korps onder kolonel Adolf Schiel aangesluit en na die slag van Elandslaagte na die verkennerkorps van kaptein Edwards oorgeskuif, waar onder ander ook die Skot Jack Hindon dapper geveg het. Aan die ander kant het die broers Deneys und Hjalmar Reitz, seuns van die onoortreflike staatsekretaris van die ZAR en voormalige president van die Oranje-Vrystaat, hul Boerekommando verlaat om in die Duits-Oostenrykse verkennerskorps onder leiding van Baron von Goldeck te veg. Die vrywilligers moet dus in 3 kategorië verdeel word:
Eerstens was daar die Europeërs wat voor die uitbreek van die oorlog reeds in die Boererepublieke woonagtig was. Hulle moet egteronderskei word van die wat hul oorspronklike burgerskap behou het en die wat Boereburgerskap aanvaar het. Laasgenoemde tel nie meer onder Europese vrywilligers nie.
Tweedens die buitelanders van oorsee wat by die verskeie Europese vrywilligerskorpse aangesluit het.
Derdens dié buitelanders van oorsee wat by die onderskeie Boerekommando’s aangesluit het.
Europese Ambulanse: Benewens die militêre eenhede was daar ‘n indrukwekkende aantal ambulanse wat die Boere en hul Europese vegsgenote ondersteun het. Die mediese eenhede was nie aan die Rooi Kruis verbonde nie maar was uitsluitlik toegerus en gefinanseer deur middel van skenkings uit hul tuislande. Ons weet van die Ierse-Amerkiaanse Ambulans onder dr. P OþConnor, die Belgiese onder dr. Coolen, die Russies-Nederlandse onder drs. Kucharenko, Von Rennenkampf en Rijckevorsel, die 2 Nederlandse ambulanse onder dr. G Lingbeek en dr.Koster, 2 Duitse (met sterk Vlaamse deelname) ambulanse onder dr. Ringal en dr. Hans Strehl, die Skandinawiese onder dr. Biedenkap en self ‘n Joodse onder leiding van Bension Aaron. Einde Februarie 1900 was daar nie minder nie as 54 buitelandse mediese doktors wat hulp verleen het aan gewonde Boere en gewonde vrywilligers.
Duitse Korps: Die Duitsers was die eerste buitelanders wat by die regering van die ZAR aansoek gedoen het om ‘n eie eenheid in die lewe te roep. Die dryfkrag agter die inisiatief was Adolf Schiel, sjef van die Gevangenisdiens in die Transvaal, en Richard Albrecht, bevelvoerder van die Vrystaatse artillerie, wat hy volgens Duitse voorbeeld opgebou het. Selfs die uniforms het gelyk soos die van Pruise. Adolf Schiel het die baie goed georganiseerde Duitse Kommando Johannesburg gestig wat minstens 400 man sterk was. Reeds ‘n paar dae na die katastrofiese neerlaag by Elandslaagte, waar die Duitse Korps onder Schiel byna uitgewis is. Die weiniges wat oorleef het en nie gevange geneem is nie, is onder leiding van graaf Von Albedyll weer hergroepeer en deur nuwe vrywilligers versterk. Sowat 230 vrywilligers het toe na die front in die Vrystaat beweeg waar hulle met ‘n ander Duitse groep onder leiding van die Elandslaagte-oorlewende Georg Badicke verenig is en onder die naam “Deutsches Freikorps” of Vrystaatse Duitse Korps bekend gestaan het. Kaptein Fritz Brall sou oor hierdie korps bevel voer. As gevolg van persoonlike rusies tussen die Duitse offisiere was dit egter nie moontlik nie om een groot en sterk Duitse eenheid, Schiel se droom, te verwesnelik nie. Onder luitenant Paul Kranz is daar ‘n verdere Duitse Korps gestig: Die Duitse Korps Pretoria met sowat 200 vrywilligers. Ander Duitse eenhede was onder luitenant Hans Ulrich von Quitzow in die Vrystaat, onder luitenant Fritz Runck tydens die Slag van Spioenkop, onder luitenant Pollmann van die Johannesburgse Polisie tydens die slag van Colenso, die Duitse Korps Lorenz by Brandfort en die 3 korpse Goldeck, Schulz en Meier naby Springs in Julie en Augustus 1900 by Dalmanutha.
Nederlandse Korps: Die Nederlanders het ‘n vereniging gestig met die naam Corps van Nederlanders en Oud-Nederlanders wat onder leiding van staatsadvokaat Hermanus J. Coster gestaan het. Saam met die onderwyser Cars Geert de Jonge, wat sekretaris van onderwys en opvoeding in die ZAR was, het hy die Nederlandse Korps in die lewe geroep. Sowat 450 mans het onder die leiding van Jan Lombard gestaan, ‘n gedeelte van hulle het by Elandslaagste dieselfde lot getref as hul Duitse kamerade.
Ierse Brigade: Die Ierse Brigade het dit verkies om hulself die Korps van Wraaknemers (The Avengers Corps) te noem, om aan hul genot en voldoening uitdrukking te gee, dat hulle die geleentheid kon waarneem, om teen hul erf vyand, Engeland, te veg. Die Brigade was onder die bevel van John Blake en John McBride. Die vegeenheid was sowat 300 man sterk, waaronder ook ‘n aantal Franse was. Onder die leiding van Arthur Lynch, ‘n Ierse-Australiër, het die Iere ‘n 2de eenheid gestig wat onder die naam 2de Ierse Transvaal Brigade bekend gestaan het. Hierdie korps se sterkte was tussen 40 en 150 vrywilligers. Benewens die Ierse kontingent was daar ook Boere, Bulgare, Duitsers, Franse, Nederlanders, Italianers, Russe en Skandinawiërs betrokke. Dit het dus ‘n internasionale karakter vertoon.
Skandinawiese Korps: Die voorsitter van die kulturele Skandinawiese Organisasie was die Sweed Christer Uggla gewees. Uit daardie organisasie het op 23 September 1899 in Pretoria Het Skandinawiesche Vrijkorps onstaan. Uit hulle geledere was 139 Skandinawiërs bereid om diens met die wapen te doen, terwyl þn verdere 51 logistiese take verrig het. Later is die Korps versterk deur 7 Duitsers, waaronder die Jood Gustav Lindenberg uit Klerksdorp, wat insluiting in Schiel se Korps geweier was, 3 Nederlanders, 2 Russe en een Engelsman. Die Korps het onder die leiding van kaptein Johannes Flygare gestaan. In Suid-Afrika se geskiedenis het die Skandinawiërs tydens die slag by Magersfontein roem verwerf. Die paar oorlewendes uit hierdie bloedbad het onder leiding van die Deense Kaptein Jens Friis en die Sweedse luitenant baron Helge Fägerskjöld ‘n nuwe eenheid gestig wat by Paardeberg geveg het waar genl. Piet Cronjé oorgegee het.
Franse eenhede: Daar was nie eintlik ‘n Franse Korps nie. ‘n Belangrike rede hiervoor was dat die Franse konsul die entoesiastiese vrywilligers gewaarsku het dat deelname aan die gevegte tot verlies van die Franse burgerskap sou lei. Die meeste Franse het dus by die Polisie aangesluit of in die garnisoene gedien. ‘n Klompie baie oortuigde Franse vrywilligers het egter die waarskuwing van hulle diplomatieke verteenwoordiger geïgnoreer en ook by ander eenhede van die vrywilligers aangesluit, byvoorbeeld luitenant Chateauvieux by die Duitsers, of by Boerekommando’s aangesluit, soos Robert Kersauson de Pennendreff en prins Louis de Orleans et Braganza wat onder die skuilnaam Louis Merey aan verskeie gevegte deelgeneem het. ‘n Egte Franse eenheid, die sogenoemde Franse Vrywilligerkorps, het na die totniet gaan van die Internasionale Legioen die lig gesien en het onder die bevel van luitenant Ernest Gallopaud gestaan. Kolonel Georges Comte de Villebois-Mareuil, ‘n Franse beroepsoldaat en voormalige kommandeur van ‘n elite-eenheid binne die Franse Légion Etranger (Vreemdelinglegioen) was die hoof van die Internasionale Legioen. Sy adjunk was die Russiese kolonel Yevgeny Yakovlevich Maximov. Kort na genl. Piet Cronjé se oorgawe by Paardeberg einde Februarie 1900 het Villebois probeer die oorblywendes van Europese eenhede tot een magtige militêre masjien saam te smelt. Hierdie Internasionale Legioen het hoofsaklik bestaan uit Nederlandse en Franse vrywilligers. Hulle was van plan om die eenheid tot 1000 man uit te bou: Die invoeldryke Nederlandse offisier baron Van Dedam de Gelder het in Europa vrywilligers gewerf, Ernst Freiherr von Wrangel was verantwoordelik vir die rekrutering van Duitsers in Pretoria en Ernest Gallopaud was betrokke by die Franse wat vanaf Delagoabaai aangekom het. Daarbenewens het Villebois, wat as enigste Europese vrywilliger kort tevore tot generaal bevorder is, op 30 Maart 1900 ‘n brief aan sy kamerade van die Vreemdelinglegioen geskryf en hulle aangemoedig en gevra dat hulle by hom moet kom aansluit.
Nóg Europese vrywilligers: Benewens bogenoemde groter eenhede het ook kleiner korpse die lig gesien. Een van hulle was die Italiaanse Korps met ‘n bemanning van sowat 100 vrywilligers. Hulle het onder bevel van kaptein Camillo Ricchiardi gestaan. Daar was ook tussen 100 en 225 Russe, wat saam met die Boere geveg het. Ook ‘n aantal Griekse emigrante het vir die Boere se vryheid geveg. Verder was daar ook omtrent 50 Amerikaners onder kaptein John A. Hassell. Die meeste van hulle was òf van Ierse òf van Duitse afkoms, soos bv. Otto von Lossberg van Louisiana wat onder generaal Piet de Wet in bevel van die kanonne was. Nog ‘n Amerikaanse eenheid was die Chicago Irish-American Volunteers korps onder kaptein Patrick O’Connor. Hulle het later by die Ierse Brigade van kolonel John Blake aangesluit en onder andere deelgeneem aan die slag van Dalmanutha in Augustus 1900.
Afsluitend wil ek dit duidelik stel dat die voedingsbodem vir die internasionale pro-Boer beskouings gelê het in ‘n Europese houding van ‘n gees wat vandag glad nie meer bestaan nie: Voor die 1ste Wêreldoorlog was daar ‘n gemeenskaplike onvoorwaardelike bewondering vir deugde soos dapperheid, pligsgetrouheid en vryheids- en vaderlandsliefde. Volgens die Europese volkere was die Boerevolk die draers van die deugde wat vir hulle as voorbeeld gedien het en wat nagestreef en uitgeleef kon word. Dít is die hoofrede hoekom in alle stamlande van die Boere (Duitsland, Nederland en Frankryk) die simpatie, ja die begeestering, vir die Boerevolk teenwoordig was in alle beroepe en sosiale klasse asook in die meeste politieke kringe en beskouings in Europa. Dit is hoekom op daardie stadium onder die Europese volkere daar ‘n drang te bespeurbaar was, om ‘n klein nasie, naamlik die Boerevolk, wat as ‘n broedervolk beskou is, by te staan in sy desperate stryd om sy toekoms en sy eie voorbestaan.