Parlementsopening plaasvind sonder dat ons in Kaapstad - Boere-Republikeine Afdruk
Woensdag, 08 Februarie 2012 22:25

Ons is Boere-RepublikeineMôre is die staatsrede van die president van die ANC waarin hy die parlement gaan vermaak met soetsappighede, strooi en ellelange niksseggende relase. Sy gehoor in Suid-Afrika sal bestaan uit sy Bolsjewistiese handeklappers en verloopte hensoppers wat hulleself opdis as die 'amptelike opposisie.'
As daar oomblikke van helderheid sal wees, sal dit kortstondig wees.
Soos die wêreld daarbuite, sal daar binne die grense van Suid-Afrika, ook diegene wees wat hulle blind hou vir die eise van die Witman, in die algemeen en die Boerevolk, in besonder. Ons word vertrap en vermoor. Ons word na die kantlyn uitgeskuif en gepamperlang dat ons deel van die demokrasie is en alle regte en voorregte geniet. Spookasem vir 'n kind!!

Die ongebreidelde voortsetting van die rassemoorde op Witmense; die venynige en voortgesette verarming van ons mense; die deurlopende dreigemente teen ons grond, skep die teelaarde vir opstand en rewolusie. Dit is omstandighede wat net deur gekke en dwase geignoreer kan word. Die sluimerende aandrang vir die herstel van Boerevryheid op Boeregrond, is besig om in erns en omvang toe te neem. Wie dit wil ontken is in vir 'n geweldige ontnugtering.

As ons dit klaar gesê het sal dit ook nodig wees om die Boerevolk en diegene wat ons gevoel deel, aan te moedig om ons lotgevalle in ons eie hande te neem om te wys waar ons staan. Anders sal ons kinders en hulle kinders met reg ons kan beskuldig van lafhartigheid en papbroekigheid.

Mag dit die laaste jaar wees dat 'n sogenaamde parlementsopening plaasvind sonder dat ons in Kaapstad, in ons duisendtalle gaan aandring op ons vryheid.

Ons wil nie en ons sal nie langer deel wil wees van hierdie gemors nie. Dit is opstaantyd en tyd om getel te word!!!