Onthou! 14 Oktober 2012 Afdruk
Donderdag, 27 September 2012 13:55

ONTHOU!

Boerekinders en -vrouensOns, afstammelinge van die Borevolk, gaan op 14 Oktober 2012 in herinnering roep, die geboortedag van pres. Paul Kruger, die uitbreek van die Engelse-oorlog, 113 jaar gelede, en die ontsettende lyding en smarte van daardie oorlog wat bykans 35 000 Boerekinders en -vrouens deurgemaak het aan die hand van die Engelse veroweraar. Ons sal onthou!

Nog tril ons harte van duldelose smarte......... Dankie aan die Boere wat op hierdie dag ons voorsate se opofferings in herinnering gaan roep by Balmoral, Bloemfontein, Heidelberg, Klerksdorp, Krugersdorp en Merebank in Natal.

Ons gaan die Vryheidsvlae, die Transvaalse Vierkleur en die Vrystaatse vlae hys om te wys wie ons is en waar ons vandaan kom. Piet Rudolph (27/9/2012)