Geloftevolk Republikeine - persverklaring, Jan 2013 Afdruk
Saterdag, 12 Januarie 2013 00:43

http://www.whitenationnetwork.com/paper/archives/8240

PERSVERKLARING : GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE

REAKSIE OP VB 9 JANUARIE 2013
(VOORBLADBERIG GETITELD “KU KLUX KLAN GENOEM”)
In VB 9 Januarie 2013 word op die voorblad berig “Die Staat het ook betoog dat daar verskeie e-posse en kommunikasie was tussen Keevy en André Visagie, leier van die verregse groep Geloftevolk Republikeine, wat terreuraanvalle steun omdat die ANC regering hulle glo met geen ander keuse gelaat het nie”.
Geloftevolk Republikeine (GR) is gebelgd oor die beweringe wat gemaak is en indien die feite korrek weergegee is in Volksblad, sal die Staatsaanklaer en die Direktoraat van Openbare Vervolging, verantwoordelik wees en aanspreeklikheid aanvaar daarvoor.
In die eerste instansie is die GR nie ‘n “verregse groep” nie. Net soos die Duitsers, die Franse en die Tsongas nie ‘n “linkse-” of “verregse groep” is nie, so is die Boervolk ook geen verregse, gematigde of linkse groep nie. Die Boerevolk is ‘n volk; ‘n volk wat nooit met net die selfbeskikking wat Grondwet art 185 en 232 bied tevrede sal wees nie, maar wat aandring op onafhanklikheid en soewereiniteit soos wat (1) die Boerevolk geniet het in die internasionaal erkende Boererepublieke van die Oranje Vrijstaat, die ZAR en Vryheid en (2) die VVO erken, bevorder en voorstaan sedert sy ontstaan.
Voorts dateer die sogenaamde kommunikasie uit Maart 2012, en gee geen aanduiding van die GR se betrokkenheid nie, veral omdat dit doodgeloop het en eenrigting kommunikasie was. Keevy was ook op geen Volber-vergadering teenwoordig waar die GR was nie.
Die bewering dat die GR of sy leier André Visagie terreuraanvalle steun, is ‘n leuen uit die hel en indien die een wat beweer nie ook kan bewys nie, sal die een maar moet betaal.
Die GR steun die wettige werkswyse wat die Boerevolk tans volg, naamlik dat ‘n skrywe gerig is aan die ANC-regering om oor soewereiniteit vir die Boerevolk te praat, maar hulle het voor die sperdatum van 30 November 2012 net ontvangs van die brief erken, maar nie gereageer nie. Die wêreldhof in Den Haag is nou genader en indien hulle ook nie regaeer voor die sperdatum (20 Mei 2013) nie, sal die Boerevolk tevrede wees dat alle vreedsame opsies uitgeput is en besin oor die ander wyses waarop soewereiniteit verkry kan word.
Die bewerings soos deur die Volksblad op 9 Januaie 2013 gereflekteer, word as lasterlik en as naamskending beskou. Daarom is die GR se regspan tans besig om ‘n afskrif van die oorkonde van die hofverrigtinge te bekom en in die lig daarvan met regstappe voort te gaan indien daarvoor substansie gevind kan word.

ANDRÉ VISAGIE
HOOFLEIER : GELOFTEVOLK REPUBLIKEINE

Ruhan Stokkies Swanepoel, Andre Nienaber, Tinus Gey Van Pittius, Andries Terre'Blanche, André Visagie, Johan Potgieter