Wie is ons? - Boere-Republikeine Afdruk
Donderdag, 07 Februarie 2013 09:00

WIE IS ONS?

AWB - Welkom, 1990

'n Antwoord op 'n plasing:
Petro- jy raak 'n baie belangrike punt. Dit is nie ons totale volk wat slap geword het nie. Onder ons is daar egter mense wat soos ons lyk en ons taal praat, maar nie ons volk is nie.
So was dit in die dae van die Voortekkers- mense het getrek omdat hulle van die Engelse dwingelandy wou wegkom om vryheid te kry. Ander was heel tevrede met die Engelse maar het trekboere geword om groter weiding vir hulle diere te kry- tog het hulle almal deur gegaan as Voortrekkers- 'n massiewe dwaling.
Vandag, in 2013 het jy dit weer- die ja-stemmers wat gestem het vir abdikasie, is steeds onder ons. Vandag verdeel ons weer in 'n Boerevolk- die wat vryheid wil hê en die herstel van die Boererepublieke en die Afrikaners wat smag vir 'n beter bedeling iewers op 'n lappie grond.
Die dae dat ons almal geklassifiseer is as Afrikaners, is vir goed verby. Daardie Afrikaners is die jastemmers wat ons, ons kinders en hulle kinders se toekoms op 'n skinkbord weggegee het!!

Piet Rudolph