Vriende van Willem Ratte - Mediaverklaring 2010-10-21 Afdruk
Vrydag, 22 Oktober 2010 23:51

Free Kmdt. Ratte - Do they want him dead?

Staan op vir reg en geregtigheid – Woon die hofsaak by op Maandag 25 Oktober 2010

Maandagoggend 25 Oktober is die volgende hofsaak waarby Kmdt. Willem Ratte tereg staan op verskeie klagtes..., maar hierdie klagtes kom uiters verdag voor:

1. Die polisie vertel dat Willem Ratte (en nege ander) aangehou moet word vir hoogverraad, “hoewel ‘n misdryf nog nie gepleeg is nie”.
2. Gekonfiskeerde wapens wat aan die media vertoon is sluit in vyf windbukse, twee voorlaaiers, ‘n paar pangas, messe, gelisensieerde jaggewere en gelisensieerde handwapens en een beweerde ongelisensieerde R4 wapen.
3. Toe aantygings van terrorisme nie na die klopjag gestaaf kon word nie, verander die aanklagtes na “diefstal” en “dwelmhandel”. Daar is glo “’n plantasie dagga” en “gesteelde kabel”. Later is die aanklag van diefstal stilletjies onttrek nadat dokumentasie ingehandig is wat bewys dat “gesteelde” kabel ‘n wettige skenking aan die koshuis was.
4. Die beweerde “plantasie” was toe heeltyd net ‘n draagbare skottel wat gevul was met grond en ‘n paar piep-klein daggaplante - die skottel “plantasie” is op die perseel langsaan die koshuis gevind. Hoogstens kon die polisie poog om hierdie “plantasie” te koppel aan een persoon wat moontlik skelm dagga in die skottel geplant het, maar al tien is summier gebrandmerk as “dwelmhandelaars”.
5. Die R4 wapen was blykbaar deur die destydse Bophutatswana weermag wettiglik uitgereik aan een van die aangehoudenes. Die polisie het as gevolg hiervan summier al tien mense gekoppel aan “terrorisme”, alhoewel geen misdryf ooit met die wapen gepleeg is nie.

Al hierdie klagtes blyk versinsels van die polisie en hul informant te wees. Geen bewyse is gevind wat Willem Ratte aan enige een van hierdie aanklagtes kan koppel nie. Moontlik het een van die nege ander ‘n dwase verslawing aan dagga. Ook moontlik moes die eienaar van die R4 gedink het om sy R4 wapen aan die SA weermag te oorhandig nadat die Bophutatswana regering met ‘n pennestreep van Pik Botha nietig verklaar is. Maar toe ‘n ANC minister (Dan Mofokeng) betrap is met ‘n onwettige AK-47 in sy hangkas is geen wettige stappe teen die minister geneem nie. Waarom is al tien skielik aandadig aan terrorisme en hoogverraad? Die politieke speelveld is duidelik nie gelyk nie.

Hierdie aksie van die polisie is nie logies deurdink nie. Gebrek aan bewyse word “reggestel” deur ander aanklagtes – ook sonder bewyse. Dit kom neer op ‘n terroriste heksejag teen “regses”, ‘n Orwelliaanse vergryp van die werklikheid waar landswette en feite niks beteken nie.
Die polisie het die tafel heeltemaal omgekeer en soos ‘n bende terroriste opgetree deur hul onwettige en gewelddadige aksies:

1. MENSEROOF: Die koshuis is aangeval sonder ‘n wettige lasbrief – en daar was genoegsame tyd om so ‘n lasbrief te bekom – as hulle ‘n geloofwaardige verklaring van hulle getuie besit het om te vertoon aan ‘n magistraat. Almal is voor die voet in vangwaens geprop, of hulle ‘n misdryf gepleeg het of nie. Geen redes is aan hulle verskaf op navraag nie. Eers vier dae later is hulle aangekla van terrorisme.
2. GEWAPENDE ROOF: Wapens is op persone gerig. Geweld is gebruik teen persone en daar is gedreig om honde te skiet. Terwyl die mense eenkant onder wapens aangehou word, word hulle besittings gesteel. By die plaaslike museum is die Kurator in haar woonstel met ‘n pistol aangehou deur vyf Swart polisiemanne in siviele drag. Haar rekenaar en verskeie vertoonitems vanuit die museum is ook gekonfiskeer. Die polisie vertel dat hulle geen lasbrief benodig hiervoor nie.
3. DIEFSTAL: Geld en besittings is deur die polisie gesteel tydens die klopjag. Verdagtes was nie teenwoordig tydens die soektog soos die wet bepaal, en bewys van geneemde items is meeste gevalle nie aan hulle oorhandig nie.
4. HUISBRAAK: By die nabygelee perseel van Mnr Clark (wie op daardie tyd oorsee was) het die polisie stoorkamers oopgebreek, niks onweettigs gevind nie, en alles sommerso oopgelos toe hulle vertrek.

Willem Ratte is reeds 22 dae op eetstaking in protes teen sy onwettige aanhouding en ander kriminele aksies van die polisie. Hy weier om aansoek te doen vir borg omdat hy GEEN misdryf gepleeg het nie en daar hoegenaamd geen bewyse bestaan dat hy enigsins onwettig opgetree het nie. Hy eis dat alle klagtes teen hom terug getrek word of die saak teen hom uit die hof gegooi word, en alle gesteelde geld en besittings terugbesorg word aan hom.

Vriende van Willem Ratte roep alle regdenkende mense op om die hofsaak in Witbank Maandag 25 Oktober by te woon en hulle steun sigbaar te maak.

Vrygestel deur Edwin Clarke, sameroeper van: “Vriende van Willem Ratte” (Navrae: 072 458 2988)