Ons Bring Hulde aan Piet Rudolph - J.P. Meyer Afdruk
Donderdag, 13 Januarie 2011 22:59

Ons Bring Hulde aan Piet Rudolph.

Piet Skiet Rudolph en J.P. Meyer

Die skielike heengaan ,verlede week, van ‘n groot kameraad, Willie Bienedell en die onlangse moord op Eugene Terre-Blanche het my met ‘n skok laat besef hoe nietig ons as mens is en hoe vinnig dinge onherroe... plik kan verander.
Ou Pieta, hoe sê ‘n mens dankie aan ‘n Groote onder die grotes? Hoe vergoed jy ‘n man wat bereid is om terwille van jou volk alles wat vir hom dierbaar is op die spel te plaas? Hoe maak jy die las ligter van ‘n man wat onverbiddelik bly glo in hierdie volk se saak en weier om moed te verloor?
Ek sal jou sê...Piet, ‘n mens kan nie. Selfs al skrik die hele volk nou wakker sal die dankies nie genoeg wees nie. Geld kan nie vergoed vir nagte se wakker lê en bekommer oor wat by die huis gebeur terwyl jy voortvlugtig is nie. Geld kan nie vergoed vir die verguising wat jy moes deurmaak toe die swartsmeer masjien van die vorige regering jou met mening gepak het nie. Geld kan ook nie vergoed vir die teleurstelling wat jy moes ondervind toe swakhartige kamerade boedel oorgegee het nie ook nie toe die oningeligtes onder ons kamerade van die vrot propaganda begin glo het en dit begin versprei het nie. Daar was hordes van hulle.
Al wat vir ons oorbly Piet is om vir jou te sê Ons bid vir jou en vir jou dierbares. Ons dra julle totale welstand op aan ons Hemel Vader YHWH. Hy sal julle behoed en bewaar, Hy sal Sy aangesig oor julle laat skyn en julle seën. En ons? Ons sal onthou.
Ons sal jou onthou as n onvermoeide leermeester wat menige jong man uit die moeilikheid gehou het.
Ons sal jou onthou as ‘n man wat verkeie ERE name onder vriend en vyand verwerf het. Onder vriende is jy nog steeds Piet Skiet. Onder die vyande is jy die Boerepimpernel en daai bliksem Rudolph. Vir ons handjievol wat baie van jou heldedade saam met jou deurgemaak het is jy met deernis ons Kameraad.
Ons onthou jou altyd in die voorste linie soos op die fototjie.
Ons onthou jou as die jintilman wat nooit’n skewe woord teenoor ‘n dame uiter nie.
Ons onthou jou as die groot kampvegter vir die volk se erfenis.
Ons sal onthou dat jy nie skaam is om ‘n traan te stort oor die lot van kinderjies.
Ons onthou jou vele skerpsinige kwinkslae tydens die voordurende hofsake.
Ons onthou hoe onverbiddelik jy kan optree teenoor die vyande van ons volk.
Ons sal jou onhou as ‘n uitmuntende strateeg wat al ons optredes deeglik beplan en deurgevoer het.
Ons onthou jou as ‘n diep gelowige mens, ‘n dierbare Vader en ‘n onvervangbare eggenoot asook ‘n onbaatsugtige vriend.
Piet ons weet die tyd staan nie stil nie en ons ou liggame is ook nie meer so fiks nie maar vir solank ons nog kan belowe ons ons volle samewerking met enige iets wat jy nog wil aanpak.
ONS EER JOU PIET RUDOLPH !! HOOG DIE VIERKLEUR.

 

J.P. Meyer