Ons bring hulde: kmdt Jopie Fourie - vandag 100 jaar gelede Afdruk
Saterdag, 20 Desember 2014 10:00

 

ONS BRING HULDE-
kommmandant Jopie Fourie
Gebore op 17 Augustus 1879
Sterfdatum op 20 Desember 1914
in ‘n agterplaas van die Sentrale gevangenis, Pretoria.

Jopie Fourie

Vanoggend herinner my Boerekrygsgenoot, Dave Christie my ligdag daaraan dat dit vandag 100 jaar gelede is dat Jopie Fourie gesterf het.

Hierdie Boereheld wat kinderloos gesterf het voor ‘n vuurpeleton van genl Jan Smuts omdat hy gerebelleer het teen die Britse regering van Sy Majesteit, die koning van Engeland en vermoor is onder die Union Jack.

Toe ‘n afvaardiging, waaronder predikante, vir Smuts by sy huis by Irene, gaan sien het om te pleit vir begenadiging, was hy nie “tuis” nie maar daar is gesien hoe hy by die agterdeur van sy huis uitglip en in die veld in verdwyn!

Vandag, 100 jaar gelede het hierdie tragiese gebeurtenis hom in Pretoria afgespeel. Boereharte treur nog van “duldelose smarte” oor al die onreg deur die eeue aan ons Boerevolk gedoen. Dikwels deur mense wat voorgee om van “ons mense” te wees.

Getrou tot die dood geoffer vir Volk en Vaderland. Jopie Fourie – Ons sal onthou!

Opgestel en uitgegee deur Piet Rudolph namens die Aksiekomitee Orde Boerevolk. E-pos: piet.rudolph@gmail.com

The 1914 Rebellion

Boerevryheidstryd. Jopie Fourie was killed by Afrikaner & British. There was never an Afrikanerrebellie.

(picture by volkstaat.org)