'n nuwe vlaag helde! (opgedra aan Mike en André du Toit) – Piet Rudolph Afdruk
Sondag, 29 Julie 2012 07:07

'n NUWE VLAAG HELDE! (opgedra aan Mike en André du Toit)

GEEN VOLK KAN BESTAAN SONDER SY HELDEGALERY NIE!

Die broers Michael en André du Toit. Boeregevangenes, Maart 2003

So het die Almagtige dit vir die Boerevolk, op hierdie tydstip so beskik, dat uit die krisis waarin ons nou is, 'n nuwe heldegalery navore gestoot word, waaraan ons kan vashou en ons kan inspireer om die verre horisonne te peil vir die rigting waarheen ons oppad is.

Ook so het die swartmense hulle "helde" gehad wat hulle kon inspireer en dra-reg of verkeerd. So sal dit ook in ons Boere se geval wees. Die smeltkroes van die Jordaan-verhoor is besig om hieraan gestalte te gee. Lank na die verdrukkers se name al vergete is, sal rondom braaivleivure en by volksbyeenkomste, die name van hulle wat nie bereid was om terug te deins nie, maar wat opgestaan om getel te word, uit die vergetelheid opgeroep word. Die detail kan vervaag en verander word, maar hulle vryheidsdade sal groei soos die legendes rondom hulle, begin uittroon. Dit sal dien as inspirasie vir 'n jonger geslag van nuwe helde.

Dit is vroeg in die dag en nog net twee uitsprake is gelewer- dié van die broers Mike en André du Toit. Reeds daarmee is daar die hand van die geskiedskrywing te bespeur. Ek sal nooit die dag op Rooiberg, veergeet nie toe ek die 18 jarige Mike by die HNP ingeskryf het omdat ons toe al die rammeling van die vryheidstryd gehoor het. Nog aangrypender vir my is die gemeenskaplike stryd van die twee broers. As die vraag ooit hierna aan André gevra sal word: Waar is jou broer, sal sy antwoord, weerspieël in sy dade, sekerlik wees: "Ek is my broer se hoeder!" en altwee sal kan antwoord:" Hier by ons volk!" Manne, ons is trots op julle en as ons vryheidsdag eens oor ons velde lag sal ons julle eer tot die laaste lag! Met ontroering en bewoë, eer ons julle - Piet Rudolph [28 Julie 2012].

Die broers André en Michael du Toit. Boeregevangenes, Maart 2003

Internasionale oproep vir die Boere-gevangenes van die “Boeremag”! (2012)