Gelofte 1838-2011 - Boere-Republikeine PDF Afdruk E-pos
Dinsdag, 13 Desember 2011 15:37

GELOFTE 1838-2011

Bloedrivier

Amper op die vooraand van die herdenking van die Gelofte van Bloedrivier, seer bewus van ons knegskap, sien ons hoe die donkerte van chaos en ellende op ons toesak.
Witmense word gejag, vermoor en verkrag. Steeds is ons volk verdeel en is daar nie 'n einde aan ons benoudheid nie. Het ons kinders nie die vooruitsig dat daar 'n nageslag kan wees aan wie hulle kan verhaal die roemryke dade van 'n vegtende voorgeslag nie. Vegtende vir vryheid en 'n land wat ons, ons eie kan noem.
Ons is op ons knieë. Al wat vir ons oorbly is om nogmaals te verinnig as volk rondom die Gelofte van Bloedrivier. Verinnig en veredel. Diep bewus van ons sonde van selfsug, hebsug en selfbelang en weerstandig en weerspannig om U wil uit te voer - die liefde vir U en ons naaste wat oordonder word deur die liefde vir onsself. Hoe kan daar uitkoms wees as al ons wandade ten hemele roep?
Vader, vergeef ons dat ons gesondig het, vergeef ons die kleingeloof wat ons lewensvooruitsigte dra. Ons, soos ons voorsate het gesondig. Ons is nou hier en ons "dra die handmeul."
U het ons tevore uit die slawehuis van Egipte uitgelei, U het ons uit die knegskap van die Kaap-kolonie uitgelei. U alleen, kan ons uit hierdie nuwe knegskap uitlei. Hoor ons wanneer ons in ons benoudheid tot u smeek. Of het U ons heeltemal vergeet?