AWB-Wenkommando Genl. Josias Alexander Cruywagen PDF Afdruk E-pos
Donderdag, 29 Maart 2012 07:07

 

Vanaf "Storm", AWB nuusbrief n. 16, Okt-Des 2003.

Josias Alexander Cruywagen
8 Februarie 1947 tot 26 September 2003

AWB-Wenkommando Genl. Josias Alexander Cruywagen, 1993Alec Cruywagen is gebore op 8 Februarie 1947 op Rouxville in die Vrystaat. Na skool opleiding studeer hy veeartsenykunde en spits hom toe op boerdery. Hy sluit in die laat tagtiger jare by die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) aan en vorder tot die rang van generaal in 1990. Hy was die eerste generaal binne die AWB en word later Stafhoof en nog later assistent kommandant-generaal van die Beweging.

Na die stigting van die AWB Wenkommand's word hy bevelvoerder van die Suid-Wenkommando, help hy om kommando's reg oor die land te stig en reël opleidingskampe om die Boerevolk te mobiliseer. Oorspronklik is die opleidingkampe slegs aan manne aangebied, maar hy voel sterk dat die vroue van die volk die opleiding net so nodig het. 'n Uitvloeisel van die opleiding aan die vroue was die stigting van 'n elite vroue eenheid binne di AWB Wenkommando struktuur, naamlik die Rooivalke.

Op versoek van Boere het hy dan ook aksies geloods ter beveiliging van plase aan die Lesotho en Transkeise grense. Perd en motorfiets patrollies maak deel uit van hierdie aksies en so is verseker dat veediefstal en aanvalle op boere drasties verminder. Alhoewel die NP regering van ouds dit sal wil ontken, was oud minister Cobie Cotzee beïndruk en dankbaar vir die hulp van die AWB aan dié grense.

In April 1992 word hy afgevaardig om aan die regse kongres in Athene Griekeland, die AWB te verteenwoordig. Daar ontmoet hy verskeie regse leiers van dwars oor die wêreld. In Griekeland verkry hy ere-lidmaatskap van die New Dawn beweging en kon hy nie anders as om op te merk hoe goed die buitelandse regses die geskiedenis van Suid-Afrika ken teenoor mense wat in Suid-Afrika woon en geskool is.

In Standerton stuit hy en die Wenkommando 'n ANC optog wat deur die blanke woonbuurt wou loop en lei dit tot die verkryging van 'n hofbevel op Warrenton om hom te verbied om daar 'n ANC optog deur die dorp te stuit.

AWB-Wenkommando Genl. Josias Alexander CruywagenEen van die mees opspraakwekkende gebeurtenisse waarin Alec 'n groot rol gespeel het, was die beleg van die Wêreld Handelsentrum in 1993 by Kempton Park. Hy was die bestuurder van die pantser voertuig wat deur die vensters van die sentrum gery het. Sy seun, Cruy, was dan ook die eerste persoon wat die sentrum binne gegaan het. Hierdie gebeurtenis het oor die wêreldskokgolwe veroorsaak. Alhowel die polisie weinig getuienis teen hom in die hofsaak wat daarna gevolg het kon bied, is hy skuldig bevind en tot 6 jaar gevangenisstraf gevonnis, opgeskort vir 5 jaar. Die hofsaak het drie weke geduur en tydens hierdie verhoor, was Alec ook betrokke by die verdedigingsaksie in Boputhatswana, op aanvraag van Lukas Mangope.

Alec het met die ontrekking uit Bophuthatswana bevel geneem. Alhoewel die konvooi onder geweer en mortier vuur van swartes in siviele drag en selfs (volgens Alec en die manne in die konvooi se getuienis na die onttrekking) persone in 32-bataljon uniform was, het hy daarin geslaag om die manne veiling terug in Suid-Afrika te kry. Ongelukkig het drie manne uit die konvooi beweeg sonder sy medewete en is hulle koelbloedig vermoor.

Met die arrestasie van 34-AWB lede in 1994 na 'n verskriklike bomveldtog wat die land geruk het, was Alec een van die beskuldigdes. Alec word tydens hierdie tyd aan langdurige ondervraging onderwerp deur polisiemanne wat kom in skofte ondervra het. In hierdie tyd bewys hy hoe sterk sy ideologiese standpunte is en kon hulle hom nie breek nie. Die saak teen hom word teruggetrek, aangesien die staat geen bewyse teen hom gehad het nie.

Alec het kans gesien vir dit waarvoor baie moed opgegee het en gesê het dit kan nie gedoen word nie. Tot die laaste toe het hy gepoog om sy volk te waarsku om paraat te wees op dit wat voorlê. Wanneer die oordeelsdag dan aanbreek en daar vir on gevra word, “Kain, waar is jou broer”, sal hy kan antwoord, hier waar u my tussen my volk geplaas het, hier by Balmoral se konsentrasiekampbegrafplaas waar vryheid so hoë prys geëis het. Sy naam verdien 'n ereplek in ons volk se geskiedenis. Hy het waarlik geleef vir sy God, die Boerevolk en die herstel van die Boererepublieke.

“Stry vir geregtigheid tot die dood toe, en Yahweh sal vir jou veg. Moenie 'n tweegesig genoem word nie en moenie kwaadpraat met jou tong nie.” Sirah 4:28

AWB-Wenkommando Genl. Josias Alexander Cruywagen